kategorieë: Blogs

Mag jy foute maak?

Lank, lank gelede, toe my meisiekind ’n brose graad eentjie was, kom sy op ’n dag sielsongelukkig by die huis. Hulle het hul heel eerste toetsie geskryf, en sy het sewe uit tien gekry. Sy het DRIE foute gemaak. En dis vreeslik, want ’n mens moet ALLES reg hê!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

As ek nie so lief was vir die lewe nie, het ek my kop in ’n oond gaan druk. Waar daar ’n perfeksionistiese kind is, hoef jy nie ver te soek na ’n perfeksionistiese ouer nie. Een wat duidelik nie die toelaatbaarheid van foute kon oordra nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Op die internet word die lof van foute breëbors besing. Die vader van foute, Thomas Edison, het mos meer as 10 000 keer probeer en fouteer voor hy sy eerste gloeilampie laat gloei het. Foute – moet jy weet – haal jou uit jou gemaksone, lei tot groei, en gee jou selfvertroue. Die laaste stelling kom sweerlik nie uit die mond van iemand wat kleintyd kennis gemaak het met siepsop en braaiboud, of ’n familielid verloor het weens ’n vlieënier se oordeelsfout nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ek kan net sowel erken dat foute my uit-freak. Selfs kleintjies. Ek vind dit pynlik as ’n naam my ontgaan, as ek dieselfde vraag twee keer vra, of betrap word dat ek dink rubber-ratte is ’n nuwe ontwikkeling. Ek weet nie waar hierdie oorsensitiwiteit ontstaan het nie. Ek weet net ek het ’n kinderlike bewondering vir mense wat die nuus dat hulle verkeerd is ongeërg begroet.

Ek weet ook daar is ghoeroes wat jou aanraai om “in jou vrees in te gaan.” In my geval sou dit beteken om soveel foute as moontlik voor soveel mense as moontlik te maak. Dié moontlikheid het vir my die aantrekkingskrag van ’n geveg met Middeleeuse wapens – sonder wapenrusting.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Nee wat. Ek maak liewer my foute in die stilligheid en dra die gevolge van dié wat ek nie kan wegsteek nie.

Daar is wel een pluspunt. Die mense ná aan my se harte is sag. Die standaardreaksie op foute is: “Toemaar, Mamma.” Of “Toemaar, lief.”

Is ek nie gelukkig nie? Foute se voet!

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

2 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

3 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

3 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

3 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

4 hours Gelede

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood deur Vickie de Beer. Foto: Lindy Kriek  

4 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.