kategorieë: Bekendes

Madonna is ’n tweeling ryker

“Madonna glo in aanneming en as sy meer tyd gehad het, het sy beslis nog baie meer kinders gehad. Sy kan nie wag om hulle ma te word en hulle groot te maak as sterk, intelligente dames nie,” het ’n bron aan E!News vertel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Madonna is beslis nie onervare met Malawi se aannemingsproses nie. Behalwe dat sy die ma is van twintigjarige Lourdes Leon en sestienjarige Rocco Richie, het sy haar seun David Banda en haar dogter Mercy James albei uit Malawi, onderskeidelik in 2008 en 2009, aangeneem.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Sy het ook meer as ’n dekade gelede die Raising Malawi-organisasie befonds wat armoede onder die land se weeskinders beveg deur skole te bou, hospitale te versterk en hulpbronne aan wees- en verarmde kinders verskaf.

Haar werk in Malawi het ’n groot invloed op die aannemingsproses gehad.

Volgens Us Weekly het Madonna se vier oudste kinders al klaar ’n sterk band met hullnuwe sussies, Esther en Stella.

Lourdes en Madonna het die tweeling vir die eerste keer in Julie 2016 ontmoet tydens ’n vrywilligers-reis na Malawi. Sy het destyds al dié foto op Instagram met al haar aanhangers gedeel van Lourdes saam met die dogterjies wat later haar sussies geword het.

Die tweeling se hartroerende storie – hul ma is kort na hul geboorte oorlede en hul pa was nie in staat daartoe om goed genoeg vir hulle te sorg nie – het aan Madonna se hartsnare gepluk, en dis toe dat sy besluit het sy hulle gaan aanneem. Sy is baie gelukkig oor haar nuwe dogters en vreeslik bly dat die hele proses agter die rug is. Sy het haar opwindende nuus ’n week terug met haar aanhangers op Instagram gedeel:

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

4 hours Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

4 hours Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

5 hours Gelede

Lekker opskiet eet-ervaring by Vergelegen

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Vergelegen Die historiese landgoed, Vergelegen op Somerset-Wes, het…

5 hours Gelede

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

8 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

8 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.