Serves:Genoeg vir 4Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
500 g (1 sakkie) ontvriesde maalvleismengsel
sout en peper
500 ml (2 k) bevrore gemengde groente
hand vol gekapte pietersielie
2x 400 g rolle blaardeeg
1 eier, geklits
Instructions
Voorverhit die oond tot 200 °C. 1 Geur die maalvleismengsel met sout en peper en meng die bevrore gemengde groente en die gekapte pietersielie deur. 2 Rol die blaardeeg liggies op ’n meelbestrooide werkvlak uit. 3 Sny 8 sirkels met ’n deursnit van 11 cm uit die deeg en skep 80 ml (1/3 k) vleis op die een helfte van die sirkel. 4 Verf die rand met geklitste eier, vou die ander deeghelfte oor, knyp die rand stewig toe en druk met ’n vurk ’n patroon daarop. 5 Verf liggies met eier en bak op ’n bakplaat in ’n voorverhitte oond by 200 °C vir 15-20 min. tot goudbruin en gaar. 6 Sit warm met ’n groenslaai voor.