kategorieë: Sukses en geld

Maak vriende met Jan Taks

Darlene Menzies, uitvoerende hoof van SMEasy, en Kantha Naicker, besturende direkteur van Evolve Rekeningkunde, bied deskundige raad oor die begrip en hantering van belasting vir klein sake-eienaars.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Jy is nie alleen nie

Baie entrepreneurs glo dat die SAID net daar is om hulle vas te pen en baie voel hulle is die enigste besigheid wat met belasting sukkel. Dit is hierdie denke wat ’n geheime mentaliteit kweek en deursigtige en oop kommunikasie met die SAID verhinder en jou keer om openlik te wees as jy in die moeilikheid is. Die nakoming van belasting-regulasies en wetgewing kan uitdagend wees, maar jy is nie die eerste maatskappy wat daarmee sukkel nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die gebruik van BTW of LBS as kontantvloei

Die beste raad is om dit nie te doen nie. Dit is ’n baie roekelose manier om jou besigheid te bestuur.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Baie entrepreneurs gebruik BTW- en LBS-geld om personeelkoste en belangrike maandeinde uitgawes te betaal. Dit is ’n baie algemene en onverantwoordelike sakepraktyk.

Swaar boetes en rente word gehef op laat indiening van opgawes, sowel as laat betalings. Rente op BTW word gehef teen ’n voorgeskrewe maandelikse koers van 10,5% op alle bedrae verskuldig, terwyl die straf teen ’n voorgeskrewe koers van 10% gehef word. Dieselfde geld vir LBS en WVF, maar rente van 10,5% word op ’n daaglikse basis gehef.

Vir die laat betaling van LBS of UIF, kan die SAID ook ’n bykomende boete gee op die uitstaande bedrag van jou besigheid vir die versuim om die betrokke bedrag te betaal met die opset om jou verpligting te ontduik. Hierdie boetes is swaar en kan jou besigheid sink. Die geheim is om nooit belastinggeld te gebruik om te oorleef nie. Dit is ’n baie duur en gevaarlike besigheid-strategie.

Wat gebeur as jy SARS-geld gebruik het om te oorleef?

In hierdie situasie is vermyding die ergste strategie wat jy kan gebruik.

Die eerste stap is om met die SAID kontak te maak, hetsy deur middel van hul inbelsentrum by 0800 00 SARS (7277) of deur ’n besoek aan jou naaste tak.

Soos met enige skuldeiser is die sleutel kommunikasie. Deur te kommunikeer oor jou finansiële situasie, maak jy dit duidelik dat jy nie jou belasting-verpligtinge ontduik nie. In sekere omstandighede kan jy ’n ooreenkoms met die SAID aangaan om jou belastingskuld uit te stel vir latere betaling of afbetaling deur paaiemente.

Die belangrikste om in gedagte te hou in die hantering van die SAID, is dat dit in hul beste belang is om jou besigheid aan die gang te hou, want dit is die enigste manier waarop hulle hul geld kan verhaal. Werk saam met hulle om ’n werkbare oplossing te vind.

Hoe vermy jy dieselfde situasie in die toekoms?

Die enigste manier om te vermy dat jy die SAID geld skuld, is om jou kontantvloei te bestuur. Dit is belangrik om jou kontantvloei fyn dop te hou en doeltreffend te bestuur.

Jy moet daagliks jou bankrekening kontroleer en die beweging van geld in jou besigheid dophou.

Wees bewus van watter geld moet inkom en wat uitbetaal moet word sodat jy vroegtydig planne kan maak as jy te min geld het.

Ter nabetragting aan vorige swaar strawwe wat deur die SAID gehef is, is dit noodsaaklik om die tekens dop te hou sodat jy nie weer in dieselfde situasie beland nie.

Om te hoop jy gaan oorleef deur voort te gaan met normale handeldryf, is die ergste moontlike benadering. Ondersoek toegang-finansies en besef dat die gebruik van belastinggeld ’n baie duur manier is om jou besigheid te befonds. Daar is baie goedkoper maniere om bedryfskapitaal te samel. Wees kreatief in die bestuur van jou kontantvloei, sny uitgawes waar moontlik en oorweeg dit om korting aan jou kliënte te bied as hulle gouer betaal.

Dit mag vir entrepreneurs moeilik wees om te glo, maar die SAID wil graag hê jou besigheid moet slaag. Hulle wil nie hê mense moet hul werk verloor nie en ook nie dat besighede gelikwideer word nie.

Onthou, dit is beter om met die SAID te kommunikeer as om agter te raak.

Vir meer inligting besoek www.smeasy.com

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Maak vanjaar jou beste jaar

Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…

2 hours Gelede

Skoonheidsprodukte: foute wat almal maak

Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…

3 hours Gelede

Maklike gemmerbier – sonder gis

Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.

4 hours Gelede

Ken jou vonkelwyn

Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…

7 hours Gelede

5 maniere om jou dag reg te begin

Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…

7 hours Gelede

Choux-kerskranse

Lewer sowat 9 kranse   Bestanddele   100 g (160 ml) koekmeel 175 ml water…

7 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.