Kapenaars kan nou al ’n “groen” aantekening in hul dagboeke maak vir 22 April 2017. Dit is wanneer Fry’s Annual Green Meeting weer ’n Kaapse draai maak. As jy tussen 14:00 en 22:00 by Jack Black Brewery gaan kuier, sal jy hope inligting van kundiges ontvang oor volhoubare lewe en oor hoe om ’n gesonde, planeet-vriendelike, plant-gebaseerde leefstyl te leef. Jy kan aan vegetariese geregte smul, na goeie musiek luister en lekker saam met ander passievolle mense kuier! Jy sal ook nuwe produkte kan beproef.
Kaartjies kos R150 per persoon. Besoek die webblad vir meer inligting of klik hier. Jy kan ook ’n e-pos stuur aan [email protected] of +27 31 700 3022/3 bel.