As jy bo veertig is en oor jou lewe terugkyk, verstom jy jou dalk oor die tegnologie wat jy deesdae as vanselfsprekend aanvaar. Sou ons as skoolkinders kon voorsien hoe ons vingers eendag oor ’n selfoonskerm vlieg om ’n WhatsApp-boodskap te stuur? Of kon dink dat ons eendag Skype-sessies met kinders in anderland sou hê?
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Tog bly ons “realisties” en versigtig om woeste voorspellings te waag. Maar die ses- tot twaalfjaaroues in ons midde deel nie noodwendig ons uitkyk nie. Navorsing deur Sony Mobile in verskeie lande wys dat hierdie ouderdomsgroep ’n lewendiger verbeelding het en groter verwagtinge van toekomstige tegnologie koester as hul ouers se geslag.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Sal ons in die toekoms met ons troeteldiere kan kommunikeer? Sewe uit tien kinders het “ja” gesê. En 61% glo ons sal teen 2037 dwarsdeur mure kan sien, en net duskant die helfte meen ons sal mekaar se gedagtes kan lees.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Ouers kyk anders daarna en dink baie tegnologiedrome is presies dit – dagdrome. Drie uit vyf ouers reken telekinetiese verplasing (teleportation) en mantels wat jou onsigbaar maak, sal nooit ’n werklikheid wees nie, teenoor ’n derde van die Britse kinders wat dit binne die volgende tien jaar verwag.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Wie se toekomsvisie is die akkuraatste? Ian Pearson, futuroloog van Futurizon, lig die sluier:
Ons het reeds hover-boards wat wat sonder wiele in spesiale skaatsplankparke kan “sweef” (hover), en selfbalanserende eenwielfietse (unicycles). As ons voorwerpe kan laat “sweef” en selfbalanseer, hoekom nie?
Teen 2050 behoort direkte konneksies met of “in” mense se brein so gevorderd te wees dat ons verstand tot in die kuberruimte sal reik en 90% van ons denke buite ons kop sal plaasvind. Die kinders is dus waarskynlik reg oor denkherkenning.
Nee, hier “wen” die ouers. Ons kan reeds presiese kopieë van ’n foton of ’n enkelatoom genereer, maar baie dekades of selfs eeue sal moet verbygaan voor ons dit met ’n mens kan regkry.
Kom ons laat nuttelose apparate wat daarop aanspraak maak om ’n blaf of ’n miaau met behulp van die toon te kan interpreteer, buite rekening. In 2045 tot 2050 sal jou troeteldier waarskynlik ’n breinimplantaat kan kry wat sy of haar intelligensie kan verryk en hierdie soort interaksie moontlik kan maak, maar die mense wat die regulasies bepaal, sal dit waarskynlik nie toelaat nie.
Inligting verskaf deur Sony Mobile, vervaardigers van die Xperia Touch.
Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…
Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…
Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…
Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Vergelegen Die historiese landgoed, Vergelegen op Somerset-Wes, het…
Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…
Julie: Doen dit in die tuin 1. Snoei rose teen einde Julie of…
Hierdie webwerf gebruik koekies.