kategorieë: In die nuus

Maak sin van die Griekse chaos

Indien jy in dieselfde bootjie sit, is hier ’n paar dinge wat jy moet weet:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Indien jy wel besluit om jou reisplanne te kanselleer, is die kans groot dat jy nie ’n terugbetaling op jou besprekings gaan ontvang nie

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Talle reisagentskappe, toeroperateurs en reisversekeringsbeleide bied slegs terugbetalings aan hul kliënte indien ’n bepaalde bestemming deur ’n natuurlike ramp, terroris aanvalle of gewelddadige politiese gebeurtenisse geaffekteer word. Ongelukkig is die toestand in Griekeland nog nie só erg nie.

Vat genoeg kontant saam indien jy met jou reisplanne gaan voortgaan – genoeg om jou hele vakansie te dek

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dit is slegs om te voorkom dat jy knaend ’n OTM sal moet gebruik. Hoewel die landsburgers tans ’n limiet op hul OTM-transaksies ondervind, geld dit nie vir buitelandse debiet- of kredietkaarte nie. Die probleem is egter lang rye en kontanttekorte by talle OTM’e wat landsburgers, sowel as toeriste affekteer. Vermy die stres en dra soveel as moontlik kontant in jou bosak.

Dit is nie ondraaglik daar nie, maar wel by tye ongerieflik

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Griekeland se Minister van Toerisme, Elena Kountoura, verseker dat toeriste tydens hul besoek aan dié land ongedeerd daarvan sal afkom. Hiermee gesê sal toeriste tog ongerief met tye ervaar vanweë die OTM-debakel en opgaring wat in sommige supermarkte mag voorkom. Erge krisisse soos stakings, brandstoftekorte en proteste blyk egter nie om kop uit te steek nie.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose
Tags: Griekeland

Onlangse plasings

Bernice West oor ouerskap: ‘Daar is nie woorde nie…’

Foto's: Instagram/Bernice West   Die Suid-Afrikaanse sangeres Bernice West en haar man, Jannes Erasmus, het…

2 hours Gelede

5 vinnige visresepte vir aandete

Aan die einde van ’n lang dag het mens nie lus vir ure voor die…

7 hours Gelede

Mango-en-klapper-yskastert met pynappelgranita

Die nuwe kaaskoek! Ons Suid-Afrikaners hou mos van ’n lekker yskastert. Maar ongelukkig is dit…

3 days Gelede

Steak-en-sampioen-roerbraai

Genoeg vir 4-6 Bestanddele   Sous 60 ml (¼ k) perskeblatjang 60 ml (¼ k)…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met musieklegende Jannie du Toit oor sy opwindende jaar wat voorlê

In die wêreld van Suid-Afrikaanse musiek is daar sterre, en dan is daar legendes. Jannie…

3 days Gelede

‘Die Byl’ groet ná ses seisoene

“Mens weet nooit, terwyl jy bloed en trane stort soos jy aan ’n produksie werk,…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.