Maak self ’n Kersboom met blomme en blare . Hierdie kom oorspronklik uit ’n storie in die Desember 2006-uitgawe van rooi rose. Deur René Slee, foto’s deur Leana Clunies-Ross
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Maak self ’n Kersboom met blomme en blare met hierdie maklike stap-vir-stap aanwysings uit ons argiewe.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
1 Laat staan drie klein Kersboom-vormpies van oasis in water tot hulle deurweek is.
2 Bedek elke vorm heeltemal met blare van jou keuse. Gebruik net een soort blaar vir elke boompie. Enige plantmateriaal kan gebruik word, ons s’n is van varingblaartjies en Leucadendron omdat die tekstuur en vorms daarvan aan Kersversierings herinner, maar enige blink, wasagtige blare soos huls (ilex) of groot klimopblare sal goed werk.
3 Die blare moet almal in dieselfde rigting om die boompie vasgesit word. Druk die blaar se steeltjie in die oasis en anker die ander kant van die blaar met klein tandestokkies of ’n stukkie blomdraad aan die oasis vas.
4 Versier die blaarboompies met saadkoppe, klein, ronde krisante en sjokoladelekkertjies. (Ons het sosatiestokkies aan albei kante skerp gemaak en die een punt in die sjokoladeballetjie gedruk en die ander in die oasis om die balletjies in plek te hou.)
5 Vir ’n informeler Kerskuier in die kombuis maak helder lapservette gawe plekmatjies wat bydra tot die vrolike, feestelike atmosfeer.
6 Sit ’n geurige kruiebossie vir so ’n ietsie spesiaals by elke plek neer. Jy kan kruidagtige blare, soos roosmaryn en tiemie wat nie gou verlep nie, as basis vir die bossies gebruik.
Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…
Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Creation het ook pas by die Eat…
Lewer 1 groot koek Bestanddele Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…
Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…
Hooffoto: Stavros Cassapis Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…
Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…
Hierdie webwerf gebruik koekies.