Maak self ’n Appelkrans. Hierdie kom oorspronklik uit ’n storie in die Desember 2006-uitgawe van rooi rose. Deur René Slee, foto’s deur Leana Clunies-Ross
Maak self ’n Appelkrans
1 Laat lê ’n oasiskrans in water tot dit deurweek is.
2 Druk eers die krans vol varinkies (jy kan ook konifeertakkies, fynbos, kuslaventel en peperboomtakkies gebruik, of akkerblare een-een indruk) en versier die blaarkrans dan met saadkoppe en appels. Anker die appels (soos bo verduidelik) met sosatiestokkies vas.
3 Voltooi die krans deur ’n glaswindskerm in die middel te sit en binne-in ’n potjie waarin lang, rooi kallalelies staan gemaak word. ’n Lekker lang, vet kers in die skerm pleks van die blomme sal net so effektief lyk.