Maak self kweekglasies om plante uit te stal of as geskenke

Maak self kweekglasies om plante uit te stal of as geskenke deur Liezel Norval-Kruger. Foto: Neville Lockhart

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wenke vir klokflesse:

Alledaagse voorwerpe word spesiaal wanneer hulle onder ’n glaskoepel uitgestal word. Dit geld ook plante, maar dit het natuurlik ’n praktiese doel.

Gebruik dit om jong plante teen die koue te beskerm of om steggies te kweek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Klokflesse is beskikbaar in allerhande groottes en vorms, maar is taamlik duur. Soek in die kombuiskas vir ander stylvolle opsies soos ‘n doodgewone waterglas. Stal uit in groepe vir die grootste visuele effek.

Hou die volgende in gedagte:

  • Kondensasie aan die kant van die glas is ’n goeie aanduiding dat daar genoeg vog is.
  • Toets die grond een keer per week, dit moet klam wees, nie papnat nie.
  • Plaas in helder, gefiltreerde lig, nie direkte sonlig nie.
  • Plant die plantjie uit sodra die glaskoepel te klein raak

Lees ook: Verwyder slegte reuke in jou huis vinnig

Kweekglasies

Benodigdhede

  • glase
  • teëls of pierings
  • Dymo tape of ander etiket
  • ou eierhouertjies
  • plantjies

Maak so

  1. Skeur ’n ou eierhouer om individuele houertjies te vorm en vul met ryk grond. Plant plantjie daarin.
  2. Plaas die houertjie op ’n teël of piering en keer die glas daaroor om.
  3. Skryf die plant se naam op Dymo tape of ’n ander etiket.

Vir nog goeie idees, loer hier

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Mango-en-klapper-yskastert met pynappelgranita

Die nuwe kaaskoek! Ons Suid-Afrikaners hou mos van ’n lekker yskastert. Maar ongelukkig is dit…

2 days Gelede

Steak-en-sampioen-roerbraai

Genoeg vir 4-6 Bestanddele   Sous 60 ml (¼ k) perskeblatjang 60 ml (¼ k)…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met musieklegende Jannie du Toit oor sy opwindende jaar wat voorlê

In die wêreld van Suid-Afrikaanse musiek is daar sterre, en dan is daar legendes. Jannie…

2 days Gelede

‘Die Byl’ groet ná ses seisoene

“Mens weet nooit, terwyl jy bloed en trane stort soos jy aan ’n produksie werk,…

2 days Gelede

Frikkadelle in tamatiesous

Genoeg vir 4-6.   Bestanddele   4 snye bruinbrood, korsies verwyder 125 ml (½ k)…

2 days Gelede

Wees positief, leef langer

Is jou beker half leeg of half vol? Maak seker jy hou daardie metaforiese beker…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.