Maak self kweekglasies om plante uit te stal of as geskenke deur Liezel Norval-Kruger. Foto: Neville Lockhart
Wenke vir klokflesse:
Alledaagse voorwerpe word spesiaal wanneer hulle onder ’n glaskoepel uitgestal word. Dit geld ook plante, maar dit het natuurlik ’n praktiese doel.
Gebruik dit om jong plante teen die koue te beskerm of om steggies te kweek.
Klokflesse is beskikbaar in allerhande groottes en vorms, maar is taamlik duur. Soek in die kombuiskas vir ander stylvolle opsies soos ‘n doodgewone waterglas. Stal uit in groepe vir die grootste visuele effek.
Hou die volgende in gedagte:
- Kondensasie aan die kant van die glas is ’n goeie aanduiding dat daar genoeg vog is.
- Toets die grond een keer per week, dit moet klam wees, nie papnat nie.
- Plaas in helder, gefiltreerde lig, nie direkte sonlig nie.
- Plant die plantjie uit sodra die glaskoepel te klein raak
Lees ook: Verwyder slegte reuke in jou huis vinnig
Kweekglasies
Benodigdhede
- glase
- teëls of pierings
- Dymo tape of ander etiket
- ou eierhouertjies
- plantjies
Maak so
- Skeur ’n ou eierhouer om individuele houertjies te vorm en vul met ryk grond. Plant plantjie daarin.
- Plaas die houertjie op ’n teël of piering en keer die glas daaroor om.
- Skryf die plant se naam op Dymo tape of ’n ander etiket.