Maak self gegeurde olies deur Liezel Norval-Kruger. Foto’s: Neville Lockhart.
Maak self gegeurde olies
Benodigdhede
- bottel
- kurk
- olie (olyf-, of soos verkies)
- geurmiddel soos verkies
- mediumgewig-papier
- foto, of ander afbeelding van die geurmiddel
Maak olie so
- Kneus die geurmiddel (½ k tiemieblare, of 8 knoffelhuisies, of die skil van 1 suurlemoen) in ’n stamper en vysel.
- Voeg dit by 300 ml olie en verhit oor ’n lae hitte. Gooi in ’n geskikte houer, bedek en laat vir twee weke trek.
- Syg deur ’n sif en gooi in ’n gesteriliseerde bottel. Bêre op ’n koel, donker plek.
Maak etiket so
- Besluit op ’n afbeelding van die geurmiddel – neem ’n foto, of soek ’n bestaande prentjie of illustrasie uit ’n tydskrif, boek of kaartjie.
- Bepaal die grootte van die etiket deur dit af te meet op die sykant van die bottel.
- Skandeer en druk die prentjie uit op mediumgewig-papier. Laat ’n wit rand om die prentjie as jy dit met ’n kerfmessie uitsny.
- Plak met gom vas.