Maak self die oulikste kruieblikkies deur Liezel Norval-Kruger. Foto: Neville Lockhart
Kruieblikkies
Basiese benodigdhede
- kwaste
- maatband
- kerfmessie
- boor
- skroewedraaier
- saag
- spyker
- bliksnyer
- hamer
Benodigdhede
- enige blikkie (soos kos- of olieblikkies)
- plantjie
- gruis
- potplantgrond
- houtsplinters
Maak so
- Sny die bokant van die blikkie met ’n bliksnyer oop, was die blikkie goed met warm seepwater uit en droog af.
- Draai die blikkie onderstebo en kap met ’n hamer en spyker dreineringsgaatjies in die onderkant.
- Gooi gruis in die blikkie en plant die plantjie in potplantgrond.
- Bedek die grond met houtsplinters sodat dit nie te vinnig uitdroog nie en maak goed nat.