Maak self die mooiste wegpakplek vir jou tuingereedskap deur Liezel Norval-Kruger. Foto: Neville Lockhart
Wegpakplek
Basiese benodigdhede
- kwaste
- maatband
- kerfmessie
- boor
- skroewedraaier
- saag
- spyker
- bliksnyer
- hamer
Benodigdhede vir die rakkie
- 2 riete
- 4 paalhake
- 8 skroewe met stoppers
- slagtershake
Maak so
- Besluit op die lengte van die hangplek benodig en saag die riet in die verlangde lengte.
- Bepaal die hoogte waarteen die riet opgehang moet word deur dit teen die muur op 2 paalhake te laat rus. Merk met ’n potlood die posisie van die skroefgate op die hake. Verwyder.
- Boor gate op elke merkie, sit die stoppers in en skroef die paalhake in posisie. Plaas die riet in posisie.
- Herhaal vir die montering van die tweede riet.
- Hang slagtershake aan die riete om gereedskap aan te hang.