Maak seker jou lewensdekking is in plek voor jy vakansie hou

Maak seker jou lewensdekking is in plek voor jy vakansie hou deur Anet Schoeman

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Voldoende dekking vir sterftes en ongeskiktheid is nie ’n gewilde fokus vir gesprekke nie, maar vir mense met ’n gesin is dit ’n noodsaaklike onderwerp vir bespreking, sê Karen Bongers, produkontwikkelaar aktuatis van Sanlam Individual Life.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hier is ’n paar belangrike punte om in ag te neem voor jy die vakansietasse pak:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

1. Maak seker dat jou dekking vir sterftes en ongeskiktheid in plek is

Dis raadsaam om dekking uit te neem wat natuurlike en onnatuurlike sterftes (soos ongelukke) insluit. Tog kan jy dekking vir onnatuurlike oorsake uitneem al kwalifiseer jou gesondheid nie vir dekking vir natuurlike oorsake nie.

Dis ook ’n vinniger proses wat gouer is om te finaliseer kort voor ’n vakansie omdat mediese ondersoeke onnodig is. As jy in ’n ongeluk sterf sal dekking jou gesin help om moontlike skuld af te betaal en geld te voorsien vir hul daagse behoeftes.

As jy tydens ’n ongeluk beserings opdoen wat jou verhoed om te werk, sal dit vir die verlies aan inkomste kompenseer.

Lees ook: Wat sluit jou reisversekering nou eintlik in?

2. Nie alle lande word onder plaaslike dekking gedek nie.

Gesels met jou versekeraar as jy ongewone en gevaarlike bestemmings besoek. En speel oop kaarte met hulle. Dis beter om voor die tyd te weet wat die implikasies is sodat jy ’n plan kan maak. Hulle gaan in elk geval nie ’n eis uitbetaal wat buite die raamwerk van die polis val nie.

Die onus is op jou om die fynskrif te lees en uit te vra.

Lees ook: 2 dinge wat jy oor grensposte en jou versekering moet weet

3. Nie alle aktiwiteite word gedek nie

Sekere polisse sluit gevaarlike aktiwiteite soos sweeftuie en valskermspring uit. Wees eerlik met jou versekeraar sodat jy voldoende voorsienning kan maak vir jou aktiwiteite. Daar is selfs eenvoudige selfoonapps soos “Sanlam Go Cover” wat jou toelaat om dekking vir beserings en dood weens ongelukke uit te neem vir periodes wat wissel tussen 24 uur en 30 dae.

Lees ook: Verseker jou fiets: 9 dinge wat almal moet weet

4. Belê in ’n begrafnispolis

Niemand hou daarvan om oor hul begrafnis te dink nie, maar die realiteit is dat dit ’n duur affêre is as jy nie ’n begrafnispolis het nie. Boonop is dit ’n groot troos vir naasbestaandes as dit een ding minder is om oor te bekommer.

Lees ook: Jou geldsake – wanneer om professionele hulp te kry, en wanneer jy dit self kan doen

5. Het jy ’n testament?

Maak seker dat jy ’n testament het en ook dat jy jou testament aanpas na ’n egskeiding anders kan jou eks ’n erfporsie kry.

Lees ook: Beplan onderhoud vir jou kinders na ’n egskeiding

6. Is jou kinders gedek?

Jou gewone mediese fonds mag nie voorsiening maak vir duur plastiese chirurgie as ’n hond jou kind in die gesig gebyt het of ’n byna-verdrink nie. Dis nie lekker om daaraan te dink nie, maar voorsorg is veel beter spyt.

Nou kan jy met ’n geruste hart vakansie gaan hou!

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

1 hour Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

4 hours Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Kreatiewe verskille kelder een van die spanne

Daar het ook ’n spesiale gas opgedaag – dié keer was dit Jess van Dyk…

17 hours Gelede

Pampoenbredie

Genoeg vir 4 Bestanddele   15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…

1 day Gelede

Voltooi jou kuier in Kaapstad met ’n ete by Marble Cape Town

Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…

2 days Gelede

Darren Scott op ‘Laataand by Rian’: “As ek nie kan praat nie, kan ek nie werk nie”

Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.