kategorieë: Ontspanning

Maak saam TV met chatNOU!

Met chatNOU! kan jy jouself op TV sien – elke Maandag tot Vrydag van 16:00 tot 18:00 op kykNET NOU! (DStv-kanaal 146). Dis ’n opwindende twee uur lange regstreekse uitsending met aanbieders en kykers wat direk en interaktief met mekaar chat. Dit beteken jy kan inskakel en: jou gunstelingvideo opdra aan daai spesiale persoon; jou eie sosiale media-boodskappe op die skerm sien en self ’n onderhoud met die grootste celebs voer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die vier aanbieders is die voormalige NRG-sanger Stephan van Huyssteen, beter bekend as “Stephantasties”, die blogger-aktrise Ansu Visser, Jacaranda FM-omroeper Carla Mackenzie en die sanger-akteur Willem Botha.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Lees meer oor die aanbieders hier

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

In die geselskap van hierdie sprankelende aanbieders gee chatNOU! ’n platform vir kykers om hul menings oor onderwerpe via sosiale media met ons en die ander kykers te deel. Dié program sal ook insiggewende onderwerpe bekendstel waaroor kykers gesprekke met mekaar kan aanknoop.

Onder die leefstylonderwerpe wat gereeld aangeraak sal word, tel flieks, musiek, mode, kos, gaming, tegnologie, vermaak, nuwe tendense, teater, ontwerp, boeke, reis, D.I.Y. en natuurlik – sosiale media en die groot sosiale beïnvloeders op verskillende platforms. Die aanbieders sal daagliks interaktief met kykers oor dinge soos dié gesels. (Sien onder vir meer inligting oor die aanbieders.)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Deur die loop van elke program sal plaaslike en internasionale musiekvideo’s gespeel word. Daar sal ook herkenbare gesigte van regoor die mediabedryf wees wat via sosiale media met die kykers praat, vrae beantwoord en ons vertel wat hulle tans opgewonde maak, waarmee hulle besig is en hul menings lug oor verskeie relevante temas.

Elke kyker word dus genooi om elke weeksdag ’n gas op ’n waarlik interaktiewe geselsprogram te wees.

Kom chatNOU! op kykNET NOU! soos in … nie nou nie, NOU!

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

2 days Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

2 days Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

2 days Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

2 days Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

2 days Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.