kategorieë: Gesondheid

Maak oefening prettig en sien die resultate

Daar is enkelinge wat vlak asemhaal van opwinding as iemand vertel dat jy soggens voor werk in die winterkoue teen halfses in die donker kan oefen. Of saans tussen ses en sewe-uur na ’n lang dag se werk. Hulle is egter dun gesaai en word gewoonlik met ernstige agterdog beskou deur die gemiddelde onfikse vriendin wat smag om nie meer rooi in die gesig en uitasem teen ‘n stel trappe uit te sukkel nie. En om asseblief tog van die kollektiewe swangerskappe se vet ontslae te raak voor die menopouse finaal die figuur knak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Niemand sal my dus verkwalik as ek gewonder het hoeveel vroue gaan opdaag vir die aandklas (18h00-19h00) -in die koue buitelug- by Adventure Boot Camp in Bryanston nie. Ek was verstom toe daar 22 parate vroue van alle vorme, ouderdomme en vlakke van fiksheid staan. Sommige het lenig en gespierd gelyk, maar daar was ook ’n hele paar wat dekades laas geoefen het en die bewyse saamgedra het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ek en my dogter het saam ingeskryf en so tussen die gehyg en gekreun het ons boonop lekker pret en saamtyd gehad. En bitter hard gewerk. Die lekkerte van die struktuur van Adventure Boot Camp is dat die fikses baie hard kan werk en die minder fikses teen hul eie pas geleidelik fiks kan word. Sonder dat een van die groepe voel hul word teruggehou of aangejaag.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Daar is altyd ’n groot klomp gelag en grappe en hoewel dit regtig harde werk is, voel dit eerder soos pret. Dis net vir vroue en jy hoef nie soos by Noag se ark met ’n maatjie aan jou sy op te daag nie. Almal voel baie gou tuis en die sosiale aspek maak hierdie soort oefening baie beter as die anonimitiet van ‘n gim waar jy instap en uitstap sonder om ’n woord met iemand te praat.

Selfs die aande waar ons min lus was om te gaan, was dit altyd lekker as jy eers begin. Ek het dit werklik geniet om saam met vroue te oefen en die lighartigheid en laggery baie geniet. Na ’n lang dag kom jy met ’n lied in jou hart by die huis.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Elke kamp is vier weke lank en daarna is daar een week se rus voor die volgende kamp begin. En jy betaal per kamp. Jy kan kies of jy drie of vyf keer per week wil aansluit. As jy drie keer per week aansluit kan jy die 12 klasse inpas wanneer jy wil solank jy by dieselfde groep en tyd bly.

Ek was verstom om te sien hoe ‘n vrou wat jare laas geoefen het, en beken het dat sy te vet en onfiks is om met haar twee-jarige te speel, gereeld opgedaag het en met ystere vasberadenheid vasgebyt het en haar bes gedoen het om soveel as moontlik te doen. En dit boonop baie geniet het. En sy is nou al met haar derde kamp besig!

As jy dus moedeloos gesoek is na ’n oefensoort wat jy sal volhou, kan jy gerus Adventure Boot Camp probeer.

Die resultate: Na afloop van die kamp was my dogter (wat so pas klaar studeer het en min geoefen het) verstom oor hoeveel definisie sy in haar bene gekry het. Sy het gewig verloor, maar dit was eerder in haar klere waar sy die verskil gesien het. Sy was veral kleiner rondom haar bobene wat gewoonlik ’n probleemarea is. Almal wat haar lanklaas gesien het, het opgemerk dat sy gewig verloor. Sy was ook baie beïndruk oor hoe haar fiksheid in een maand toegeneem het.

Hoewel ek gewoonlik baie oefening doen (swem, hardloop en fietsry) was ek tog verrras om te sien hoe dit my spoed, fiksheid en krag verbeter het. Omdat jy elke aand met gewigte werk en “core” oefeninge doen, verbeter dit die krag in jou bolyf aansienlik. Boonop het ek gewigte by ’n vriendin geleen (3kg!) en hoewel dit aanvanklik swaar gevoel het, was dit teen die einde van die kamp maklik. Skielik het ek my oefenmaat skoon weggeswem (tot haar intense afguns en irritasie)

*Doen jouself ’n guns en neem jou afmetings voor die kamp, want dís waar jy die grootste verskil gaan sien, omdat jy vet verbrand, maar ook spiere bou. En onthou, daai nuwe spiere verhoog jou metabolisme wat help dat jy die hele tyd meer energie verbrand al sit jy stil.

Wat jy moet weet: Adventure Boot Camp is groot pret, dis net vir vroue en jy hoef net vir vier weke op ’n slag aan te sluit. Oefen soggens of saans by ’n skool of park naby jou. Kursusse duur vier weke en jy kan vyf of drie dae per week oefen en dit kos ongeveer R560-R690. Vir meer inligting skakel hul hoofkantoor by 021 447 2746 of besoek www.AdventureBootCamp.co.za om te sien of daar een naby jou is.

Verras almal (en jouself) hierdie lente met ’n vietse, figuur sonder die gewone winter-rolletjies deur van Boot Camp se spesiale aanbod vir die winter gebruik te maak. Sluit vir twee kampe van vier weke elk aan vir minder as wat dit gewoonlik vir een maand kos en gaan soveel keer per week as wat jy wil! Komaan, kry ’n vriendin of dogter en motiveer mekaar. Julle gaan teen September van oor tot oor glimlag oor die resultate.

Besoek www.AdventureBootCamp.co.za of skakel 082 567 2267.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Lekker opskiet eet-ervaring by Vergelegen

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Vergelegen Die historiese landgoed, Vergelegen op Somerset-Wes, het…

20 mins Gelede

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

2 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

3 hours Gelede

Kry weer woema in die winter

As die winter jou vaal en verlep laat voel, is dit tyd vir ’n lekker…

5 hours Gelede

Sagte rogbrood

Bak hierdie lieflike en geurige brood en vul jou huis met die hartverwarmende geur van…

5 hours Gelede

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

23 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.