kategorieë: FiksheidGesondheid

Maak oefening pret hierdie vakansie

Maak oefening pret hierdie vakansie deur Anet Schoeman.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1. Dink aktief

Stap eerder as ry. Onthou dis vakansie – daar is geen haas nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

2. Kombineer oefening met gesinstyd

Gaan stap man en muis laatmiddag op die strand. Dit kry die kinders uit almal se hare en keer dat almal voor aandete begin peusel.

3. Maak dit julle alleentyd

Oorreed jou geliefde om soggens vroeg saam met jou te gaan stap. Julle hoef nie rekords op te stel nie, maar ’n flink stappie gaan julle oefening en lekker samesyn gee.

4. Speel aktiewe speletjies op die strand

Koop strandrakette, ’n frisbee of ’n swaaibalstel en speel met die kinders. Strandvlugbal is gewild by oud en jonk.

5. Laat almal inkoop

Bespreek vooraf met die gesinslede hoe julle die vakansie meer aktief kan maak. As hulle daarop inkoop, is dit soveel makliker. Maar hou dit pret, niemand wil voel of hulle in ’n strafkamp is nie.

6. Laatmiddae is lekkerder

Die verkeer is minder en dis dalk moontlik dat jy in die vakansietyd laatmiddag met die kinders kan gaan fietsry, stap of draf.

7. Wat is in die omgewing?

Kyk vooraf watter aktiwiteite daar in die omgewing is. Besoek ’n park, gaan stap op ’n staproete, roei, of ry perd. Dit geld ook as jy tuisbly. Nou het jy mos tyd vir al die dinge waarvoor jy andersins te besig is.

8. Waar is ’n gim?

Stel vooraf vas waar gimnasiums is in die omgewing waar jy gaan wees. As jy ’n nasionale lidmaatskap by ’n gim het, kan jy by enige tak oefen.

9. Hoe ver?

Kry ’n pedometer wat jou treë tel. Mik vir 10 000 per dag.

10. Pak ’n springtou in

Tien minute vir intense spring met ’n springtou is gelykstaande aan ’n halfuur se matige draf. Of marsjeer op een plek terwyl jy televisie kyk of musiek luister.

11. Is dit veilig?

As jy in ’n hotel tuisgaan, vra by ontvangs of dit veilig is om in die omgewing te stap/draf en waar goeie roetes is.

12. Oefen op die lughawe

As jy tyd tussen aansluitvlugte het, stap flink op die lug-hawe rond. Dit verbeter ook die bloedsomloop en keer diepaar-trombose.

Hoeveel energie verbrand jy met oefening?

(vir iemand wat 60 kg weeg)

Gewone swem 1 486 kJ/h

Sokker speel vir pret 1 734 kJ/h

Frisbee 743 kJ/h

Tuinwerk 991 kJ/h

Gholf (stap en dra stokke) 1 117 kJ/h

Touspring matig 2 478 kJ/h

Stap met kinders 621 kJ/h

Draf matig 1 982 kJ/h

Snorkel 1 239 kJ/h

Trampolien 869 kJ/h

Vlugbal 743 kJ/h

Fietsry vir pret 991 kJ/h

Wat eet jy?

McDonald’s Big Mac: 2 037 kJ

McDonald’s groot porsie tjips: 1 680 kJ

Melkskommel: 1 596 kJ

Totaal: 5 313 kJ

Dus: omtrent die ekwivalent van ’n halfuur se touspring plus ’n uur se hardloop plus ’n halfuur se swem en ’n uur se fietsry …

Lees ook: Oefening met rente

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

4 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

6 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

6 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

6 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

6 hours Gelede

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood deur Vickie de Beer. Foto: Lindy Kriek  

7 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.