Benodighede:
• Superglue
• 1,3 m 16 mm koperpyp
• 4 x 45° koper-elmboë
• 1 x T-koppelpypie
• 1 x 90° koper-elmboë
• 2 x koper-proppies
• koperdraad
• lig klempot
• gloeilamp
Aanwysings:
1. Sny koperpyp in die volgende lengtes:
2 x 20 mm
2 x 100 mm
2 x 205 mm
1 x 330 mm
2. Plak die 45°-elmboog aan die punt van die 205 mm-pyp. Plak die 20 mm-pyp aan die ander punt van die 45°-elmboog. Plak proppie aan die oop kant van die 205 mm-pyp vas.
2b. Herhaal bogenoemde proses. Koppel pype met T-koppelpypie. Die koppelpypie moet 90° opwaarts wys.
3. Koppel oorblywende pype en elmboë om die bokant van die lampie te vorm.
4. Boor ’n gaatjie in die T-koppelpypie en ryg die elektriese draad daardeur tot bo.
5. Koppel die ligskakelaar en muurprop aan die punt van die elektriese draad.
6. Draai die koperdraad om die klempot.
7. Konnekteer die klempot aan die lampie.
8. Draai die gloeilamp vas.
Krediet: Nutsman Ray Fletcher [email protected]