kategorieë: WenkeMode

Maak jou hoë hakke meer gemaklik

Maak jou hoë hakke meer gemaklik. Deur Susra Matthee.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Koop die regte grootte

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dit klink voor die hand liggend, maar wanneer laas het jy jou voete laat meet voor jy skoene koop? Voete kan groter word soos ons ouer word. Swangerskap kan ook langer of breër voete tot gevolg hê. Daarom is dit noodsaaklik om jou voete te meet voor jy skoene koop. Maak seker daar is ’n duim-wydte tussen jou langste toon en die voorkant van die skoen om jou tone ruimte te gee vir beweging.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Moenie té hoog gaan nie

’n Hak van tot 5 cm is ’n goeie opsie vir gemak en gesondheid. ’n Katjiehak is baie makliker om in te stap as ’n hoë hak en is ook ’n goeie keuse vir werk. Dit is netjieser as ’n plat skoen, maar gemaklik genoeg om die hele dag te dra. Vermy spykerhakke wat onnodige druk op die bal en bene aan die voorkant van jou voet plaas.

Ekstra kussings

Wanneer jy skoene koop, kyk vir skoene met ’n effense kussing by jou toon- en hakdeel. ’n Alternatief is om inglip jel-sole te koop en dit in jou skoene te sit. Dit help veral wanneer jy hakke dra wat jou gewig ten volle op die bal van jou voet verskuif. Die jellieagtige kussings kleef vas aan die binnekant van jou skoene en onder die bal van jou voet en bied die nodige ondersteuning.

Hou by leer

Sintetiese materiale laat nie jou voete asemhaal soos natuurlike vesels en buigsame materiale nie. Leer neem die vorm van jou voete aan en gee mee, wat minder wrywing en blase veroorsaak. Hou wel in gedagte dat egte leer uitrek, dus as hulle te groot is wanneer jy die skoene koop, sal hulle nog groter word.

Dik hakke

Mens kan nooit verkeerd gaan met ’n dik hak nie. Dit is meer stabiel as ’n stiletto, en baie meer gemaklik. Wighakke is die gemaklikste van die hoëtrappers, aangesien jy nie druk op die voetsole van jou voete plaas nie. Wighakke is ook ’n goeie keuse vir buitelug-geleenthede omdat jy nie met jou hakke in die gras beland nie.

Koop skoene aan die einde van ’n dag

Om te verseker dat jy met gemaklike hakke huis toe gaan, koop skoene aan die einde van die dag wanneer jou voete op hul grootste is. Jou voete is die kleinste wanneer jy wakker word. Wanneer jy begin rondloop en meer bloedsirkulasie plaasvind, sal hulle stadig begin vergroot.

Wissel dit af

Om hakke vir ’n paar dae in ’n ry te dra kan jou voete verniel. Wissel tussen hakke en platter skoene. Alhoewel hakke jou bene verleng wanneer jy ’n rok dra, is dit minder belangrik wanneer jy ’n broek dra. Gee jou voete ’n blaaskans op daardie dae.

Hoe loop jy?

Jou postuur en gewigsplasing is nie dieselfde in jou hakke as wanneer jy met plat skoene loop nie – jy moet aandag gee aan die res van jou liggaam. Trek jou maagspiere in en stap van hak-tot-toon om jou voete die beste kans te gee om die aand te oorleef.

Loop dit in

Voordat jy jou hakke na ’n geleentheid dra, loop ’n paar keer daarmee deur die huis. Die kouse sal spesifieke areas van die skoen rek wat andersins jou voete kon seermaak. Moet ook nie nuwe hakke vir te lank op ’n slag dra nie. Dra dit vir ’n uur of twee en vervang dit met ’n gemaklike skoen, totdat dit jou nie meer seermaak nie.

Hooffoto: Snack Toronto vir Pexels

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

Neem jou fiksheid na die volgende vlak: 10 maniere om jou meer gemotiveerd te maak

Hier is 10 maniere om jou meer gemotiveerd te maak om te oefen:    Oefen…

3 days Gelede

Viva Italia!-potjie

Genoeg vir 6     Bestanddele   60 ml (¼ k) olyf- of avokado-olie sout…

3 days Gelede

Drama-waarskuwing vir ‘Suidooster’ dié herfs

Dis herfstyd in die Kaap en met hierdie seisoensverandering waai die winde van verandering baie…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Laura-Lee Mostert oor haar droomrol in ‘Binnelanders’

Jy herken waarskynlik Laura-Lee Mostert vir haar komiese talent as die flambojante drama-onderwyseres, Driena, in…

3 days Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Potjie-roer-my-nie se wenners gesels oor vaalkos en ’n molpot

In die vierde episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se koswerklikheidsreeks waar vlamme en…

3 days Gelede

Tradisionele melktert

Vir 2 middelslagterte   Bestanddele   Deeg: 500 ml (2 k) meel 10 ml (2…

4 days Gelede