kategorieë: Leef gesondGesondheid

Maak jou hart gesond

Wat maak vroueharte anders?

Dokters het vroeër geglo mans- en vroueharte is eenders, vertel dr. Riaz Motara, hartspesialis van die eerste kliniek in Suid-Afrika wat net in vroue-hartsake spesialiseer. “Nou weet die meeste – ongelukkig nog nie almal nie – dat dit verskil.” Ons, sê dr. Motara, het dieselfde risiko’s as mans. Ons sukkel ewe veel met hoë bloeddruk, gewig en hoë cholesterolvlakke. Ons het dieselfde familiegeskiedenis en gene. En ons het ook te min tyd vir oefening. Tot hiertoe is ons gelyk. Maar dan kom ons unieke vroulike risiko’s by:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

• Ons lewensverwagting rek. Ons oumas het binne ’n dekade of twee ná die menopouse heengegaan. Ons word tagtig of honderd jaar oud en ons menopouse begin in die middel van ons lewe. Dit beteken dat ons vir die helfte van ons lewe heeltemal sonder die beskerming van ons estrogeen moet klaarkom.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

• Ons het meer tiroïedprobleme (wat aan hartprobleme en beroerte gekoppel word) as mans. Deesdae rook meer vroue as mans om die lyfie skraal te hou. Rook beskadig die hartslagare.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

• Ons is stysel-eters: ons hou as ’n reël meer van soetgoed, kuier met koek en tee, eet ’n broodjie vir middagete en dink sjokolade is baie lekkerder as biltong en neute. Dus neig ons ná die middeljare meer as mans na oorgewig en diabetes. En met erger gevolge: Mans met diabetes se kans om ’n hartaanval te kry is 300 keer groter, terwyl ons s’n wanneer ons eers diabetes het, 700 keer groter is as dié van mense daarsonder.

• Ons lyfbewustheid lei daartoe dat ons meer volroommelk en -kaas as mans uitsny om gewig te beheer. So verloor ons soms ’n groot bron van vitamien D wat ons teen hartkwale help beskerm. Lae vlakke verhoog jou risiko op ’n hartaanval of beroerte met tot 50%.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

• Ons gebruik die Pil en hormoonvervanging ná die menopouse, wat ook ons kans op hartkwale effens opstoot.

Stres: dit vang mans én vroue. Ons het waarskynlik selfs meer stres as mans. Ons verdien minder maar het meer finansiële druk; ons werk ook heeldag én staan saans reg vir die gesin. Ons het dus minder rustyd en minder tyd vir oefening om ons fiks en skraal te hou.

• Ons het ook te min tyd vir kuier – ons manier om emosioneel te ontlaai. Die hele prentjie maak ons vatbaarder vir depressie. Depressielyers se kans op hartkwale is vier keer hoër.

Hoe groot is ons probleem regtig?

Hier is ’n bietjie perspektief. Gestel jy werk saam met 25 vroue: Net één gaan aan borskanker sterf. Al die soorte kankers saam sal vier se lewe eis. Tién gaan aan hartkwale sterf. Dit is syfers met ’n sterk boodskap.

So lyk ’n vrouehart in krisis

Jy voel moeg en swak, kla dalk van ’n brandgevoel oor die buik, amper soos sooibrand, en sweet miskien soos met ’n gloed. Dalk het jy rug- of skouerpyn. Maar dit is nie intens nie, en daarom wonder jy of jy regtig iets makeer. Mans wonder nie: hul simptome is intens en dit is duidelik dat iets groots skort. Hulle raak skielik kortasem, kry hartkloppings, het intense borspyn wat na die linkerarm uitbrei, bars in sweet uit en is naar en angstig.

Jy gaan lê, om ’n bietjie te rus; mans word hospitaal toe gejaag en kry dadelik die regte ondersteuning. Omdat rus jou ongemak verlig, dink jy alles is reg. Jy kry dus nie die hulp wat jou hartskade sal beperk nie. As rus jou beter laat voel, moet jy jou juis bekommer. Een van die sekerste tekens van ’n hartaanval by vroue is dat die ongemak verminder as jy rustig is en vererger sodra jy aan die gang kom.

Wat het vroueharte nodig?

Jou eie kardioloog wat op vrouehartgesondheid fokus.

Kos wat genees

  • 5 koppies groente en vrugte elke dag
  • 3-4 porsies rooivleis per week
  • 2-4 porsies vis elke week
  • eiers (tot sewe per week)
  • hoender, neute, sade en olyfolie

Onthou jou 1-2 porsies melk en jogurt per dag, en beperk die koolhidrate, spesifiek brood en lekkernye. Sny op die transvette.

Die leefstyl

Bly fiks. Slaap genoeg. Hou jou gewig dop. Drink min en moenie rook nie. En pille as dit nodig is: Soos ons ouer word, styg ons bloeddruk, bloedsuiker en cholesterol. Gebruik die pille wat dit onder beheer hou. Dit het baie meer voordele as nadele.

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

41 mins Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

54 mins Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

2 hours Gelede

Lekker opskiet eet-ervaring by Vergelegen

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Vergelegen Die historiese landgoed, Vergelegen op Somerset-Wes, het…

3 hours Gelede

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

5 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

5 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.