Ingredients
- • 90 ml (6 e) olyfolie
- • 4 groot uie, fyn gekap
- • 8 knoffelhuisies, fyn gekap
- • 2 wortels, geskil en gerasper
- • 2 stokkies seldery, fyn gekap
- • 8 (400 g elk) blikkies heel, geskilde tamaties
- • ’n paar tiemietakkies, gebruik net die blaartjies
- • 4 lourierblare
- • 60 ml (¼ k) witwyn
- • 125 ml (½ k) water
- • sout, gemaalde swartpeper en ’n knypie suiker
Instructions
- Verhit die olyfolie in ’n groot kastrol. Soteer die uie en knoffel daarin tot sag en deursigtig. Voeg die wortel en seldery by en braai tot sag.
- Voeg die res van die bestanddele by en geur na smaak. Voeg ’n knypie suiker by indien die sous te suur is. Kook vir 20 min. oor matige hitte.
- Haal die lourierblaar uit. Maak die tamaties met ’n handmenger of vurk fyn (dit hoef nie baie fyn te wees nie).
- Verdeel die sous in vier dele. Gebruik die tamatiesous saam met vars pasta en bottel of vries die res.
Hier is 5 lekker resepte waarvoor jy jou tamatiesous kan gebruik:
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }
Frikkadelle in tamatiesous
Saltimbocca-hoender in tamatiesous
Spaghetti Bolognese
Worsies en bone in tamatiesous
5 van ons beste pastaresepte
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Onlangse plasings
Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…
Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…
Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…
Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…
Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…
Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood deur Vickie de Beer. Foto: Lindy Kriek
Hierdie webwerf gebruik koekies.