Jy benodig
- 250 ml koekmeel
- 250 ml warm water
- 30 ml sout
- 30 ml kremetart
- 30 ml sonneblomolie
- 5 pakkies jellie
Maak dit so
- Laat die kinders jou help afmeet.
- Plaas al die bestanddele in ’n klein pot en meng tot dit klontvry is.
- Kook oor medium hitte. Roer gedurig tot die deeg ’n bal vorm. (Dit neem ’n rukkie)
- Plaas op ’n meelbestrooide snybord en laat 30 minute afkoel.
- Knie die deeg en voeg meel by (sowat 125 ml), tot dit nie meer taai is nie. Voeg ekstra voedselkleursel by as jy die kleure helder wil maak.
NOTA: Bêre die speelklei in ’n lugdigte houer in die yskas. Dit kan weke hou as dit na elke gebruik gebêre word. As die mengsel taai raak, kan jy dit met meel meng.
Lees ook: Maak nuuskierige kinders groot!
Lees ook: 8 maniere om kreatiwiteit in skole en tuis te kweek