Jy benodig
- Wit karton
- Swart en oranje penne
- Gom
- Toutjies
- Skêr
Maak dit so
- Sny twee sirkels uit karton vir elke sneeuman. Sny die sirkel vir die kop kleiner.
- Plak die kop en lyf op mekaar vas deur die kop effe oor die rand van die lyf te laat oorvleuel.
- Teken oë en ’n mond met die swart pen. Teken ’n neus met die oranje pen.
- Maak ’n lussie met die tou en plak aaan die agterkant van die kop vas sodat jy die sneeuman aan die boom kan hang.
Vir meer inligting kyk by Your Family se webwerf