Maak jou eie skoonmaakmiddels op die natuurlike manier. Deur Cornel Dunn. Hooffoto: Pexels
Ons is almal bewus van die nadele van sommige chemiese produkte op die mark. Hier volg staatmaker resepte vir jou eie skoonmaakmiddels. Onthou om dit goed te meng.
Opwasmiddel
- 3 eetlepels Castile seep (fyn gerasper)
- 2 koppies warm water
- 2 teelepels gliserien
- 2 eetlepels asyn
- 10 druppels laventel essensiële olie
Waspoeier
- 5 kg natuurlike boraks
- 2 kg sodakristalle
- 500 g koeksoda
- 3 koekies Sunlight seep (fyn gerasper)
- 35 druppeltjies essensiële olie
Hierdie produk skuim nie baie nie, maar maak wel deeglik skoon.
Venster-skoonmaakmiddel
- ¼ koppie witasyn
- 1 eetlepel mielieblom
- 2 koppies warm water
Toiletskoonmaakmiddel
- ¾ koppie koeksoda
- ¾ koppie witasyn
- 10 druppels teeboomolie
- 10 druppels laventel essensiële olie
Veeldoelige skoonmaakmiddel
- ¼ koppie witasyn
- 1 eetlepel koeksoda
- 1 liter warm water
- sap van ½ suurlemoen
Lees nog: Ses skoonmaakfoute vir banke en stoele wat jy nooit moet maak nie