1 Sif die meel en sout in ’n groot mengbak, of op ’n skoon werkvlak. Maak ’n holte in die meel, breek die eiers daarin en voeg die olyfolie by. Werk die eier met jou vingers bietjie vir bietjie by die meel in. 2 Voeg ekstra olie by indien nodig, en meng tot ’n stywerige deeg vorm. 3 Sit die deeg op ’n skoon werkvlak en knie tot elasties en glad. Bedek met kleefplastiek en laat vir minstens 30 min. in die yskas rus. 4 Verdeel die deeg in 4-5 ewe groot stukke. Rol die pasta met ’n pastamasjien op die dunste stelling uit. Strooi mielieblom of meel oor as dit vassit. Laat die uitgerolde deeg vir 5-10 min. uitdroog. Wanneer die deeg ’n leeragtige voorkoms het, is dit reg om deur die masjien gerol te word. 5 Strooi ’n bietjie meel oor die pastamasjien. Rol die pasta deur die spaghetti-stelling. Vorm die spaghetti in losserige nessies, strooi ’n bietjie koekmeel oor en laat vir 3-4 uur uitdroog. 6 Kook die pasta vir sowat 3-5 min. in gesoute, borrelende kookwater. Dreineer en roer ’n bietjie olyfolie en sout deur die pasta.
Bêre slim
Droog die pasta deeglik uit voor jy dit stoor. Pasta wat eier bevat, hou vir 3-4 dae by kamertemperatuur. Vars pasta vries baie goed en kan vir tot 2 maande in die vrieskas gehou word. Sit in vriessakkies en strooi ’n bietjie meel oor sodat dit nie aanmekaar vassit nie.