kategorieë: Doen dit selfLeefstyl

Maak jou eie papierblomme

Blomme gee lewe aan enige tafel. rooi rose se tema vir vanjaar se KANSA-tee is Herwinning en ek het dit goed gedink om papierblomme te gebruik as inspirasie vir hierdie spesiale geleentheid.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dit is maklik om hierdie papierblomme self te maak en jy kan enige papier gebruik.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Stap 1
Benodigdhede: Gommasjien (Gluegun), skêr, pen, 8 x A5-bladsye, A4-kleurkarton

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Stap 2
Sny jou A5-bladsye met ’n ronding soos aangedui. Die reguit kant is die onderkant.

Stap 3
Maak ’n 3 cm-sny in die middel aan die onderkant.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Stap 4
Vou die een kant oor die ander kant, soos in die foto aangedui, en gom vas.

Stap 5
Knip ’n sirkel uit die karton, ongeveer 120 cm in diameter, waarop jy nou jou blom gaan vas gom.

Stap 6
Neem ’n pen en rol elke blom na die agterkant. Hierdie stap sal dit ’n meer natuurlike voorkoms gee.

Stap 7 & 8
Wanneer jy klaar jou 4 blomme geplak het, doen jy nou presies dieselfde met die ander 4. Maak seker jy gom die ander 4 in die openinge van die blomme wat reeds vas is.

Stap 9
Nou gaan jy die stingel maak. Knip ’n reghoekige vorm uit jou A4 se lengte, ongeveer 5 cm breed. Knip nou al langs die lengte af soos aangedui en begin dit van die eenkant af rol met jou pen. Doen eers die kante dan rol jy in die middel ook sodat dit mooi krul.

Stap 10
Rol die karton nou op in die lengte. Jy kan jou pen gebruik om die dikte te bepaal en later los en self oprol. Gom dit vas soos aangedui.

Stap 11
Gom dit deeglik aan die onderkant.

Stap 12 & 13
Druk dit vas in die middel van jou blom. Siedaar, ’n pragtige papierblom!

Nog ’n paar wenke

• Ek hou van kleur, so ek het ’n donkerpienk tafeldoek gebruik en A5 boekpapiere gepak om ’n tafelloper te maak.
• Ek het my papierblomme aan die loper vasgesteek. Die jongste trend in die troubedryf is oordadige tafellopers wat uit regte blomme gemaak is en letterlik langs die kante uitloop. Jy kan dit ook met jou papierblomme doen en verskillende groottes aan jou loper vasmaak.
• Ek het die donkerpienk in van die blomme herhaal om die kleur uit te bring.
• El het ou bottels goud gesprei, blom-vorms op boekpapier uitgedruk en daaraan vasgemaak om as die fokuspunt op die tafel gebruik.
• Detail vir jou tafel is belangrik aangesien dit bespreking aanhuts en sodoende as ’n ysbreker dien sodat die gaste dadelik gemaklik voel.

Volg Lizelle de Kock op Sosiale Media:

Facebook: Organizit Party Styling SA
Twitter: @LizelledeKock
Instagram: organizit

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

6 maniere om griep te klop

Griep is winter se lewenslange vennoot. Sodra die koue tref, kan jy maar seker wees…

10 hours Gelede

Villa Rosa-ster nou in Suidooster: ‘Die poppe gaan dans…’

Die aktrise Elsje Slabbert, alom bekend vir haar rol as Carina Rautenbach in die destydse…

13 hours Gelede

Ons 6 gunsteling-resepte vir sjokoladekoek

Bak vir ’n slag die heerlikste sjokoladekoek! Hier is ons 5 gunsteling-resepte vir sjokoladekoek.

14 hours Gelede

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

1 day Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

1 day Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.