Jy benodig
- Papier, potlood, skêr
- Materiaal
- Knope
- Stopsel
- Naald en borduurgare
Maak dit so
- Teken ’n vis op papier. Sny ’n visvorm uit papier vir ’n patroon. Laat 1 cm reg rondom toe vir ’n naat. Knip die vis uit materiaal. Daar moet twee kante wees.
- Plak ’n oog op elke pant van die vis vas.
- Gebruik borduurgare en borduur ’n mond vir die vis.
- Plaas die regte kante van die materiaal teen mekaar en werk die vis toe. Laat ’n gaatjie onder die maag sodat jy die stopsel kan indruk. Stop die vis op.
Vir meer inligting kyk by Your Family se webwerf