Jy benodig
- ’n Gladde werkoppervlak (’n silikoonmatjie)
- Wit kunsklei (Jovi-klei)
- Klein koekroller
- Kant of doilie om op die klei te druk
- Kersfees-koekiedrukkers
- Sosatiestokkie
- Verf in die kleure van jou keuse
- Kwas
- Papierhanddoek
- Heritage CPG Podge (Ceramic and Glass Podge)
- Tou
Maak dit so
- Rol die klei omtrent 5 mm dik uit. Plaas die kant op die klei en rol ferm, maar versigtig daaroor.
- Gebruik die koekiedrukkers en druk vormpies uit die klei.
- Maak gaatjies met ’n stokkie waardeur die lussies vir hang gebind gaan word. Laat droog word.
- Verf die vormpies. Terwyl die verf nog nat is, neem ’n klam doek en vryf lig oor die verf sodat dele van die kant-afdruk sigbaar is, Laat droog word. Glaseer met ’n lag keramiek podge en laat droog word.
- Bak in ’n koel oond (sowat 50°C-90°C) vir 20 minute. Laat droog word.
- Maak ’n lussie met die tou deur die gaatjie. Hang op jou boom.
Vir meer inligting kyk by Your Family se webwerf