Maak jou eie Kerskrans deur Cornel Dunn en Elandrè Swart. Hooffoto:Svetlana-Cherruty/istock images
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Flourish wys ons hoe om ons eie Kerskrans te maak in net drie maklike stappe! Jy kan self ook klasse by hulle neem teen R350 per persoon. Vir meer inligting, klik hier.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Stap 1: Sny 2 blokke oase in die middel deur (sodat jy 4 blokke het) en druk hulle in die basis in. Sny die oortollige oase af sodat dit ’n sirkel vorm. Gebruik jou kabeltrekkers om die oase aan die basis vas te maak.
Stap 2: Gebruik dodder en mos om die oase-sirkel te bedek. Buig die bloemistedraad in ’n U- vorm en druk die dodder of mos in die oase in, sodat dit mooi stewig vassit. Indien nodig, gebruik ’n gomgeweer om enige los stukkies vas te plak. Werk kloksgewys en begin om die loof in te druk.
Stap 3: Begin nou om verskillende tipes loof, bessies en blomme in te druk. Gebruik ’n verskeidenheid van teksture en blaargroottes. Kies ’n fokuspunt en druk ’n fokusblom in met ander fyner blommetjies of bessies. Maak seker jou krans lyk mooi vol en dat daar niks oase uitsteek nie. Kies ’n paar verskillende linte met verskillende diktes en steek hulle vas met ’n mooi speld.
Lees ook: Doen-dit-self: Kokedama
#rrwenk: Vir ’n bietjie ekstra glans, gebruik feeliggies in jou krans. Jy kan jou krans ophang of as ’n fokuspunt op jou tafel plaas. Sit sommer ’n paar spesiale kerse in die middel, of enigiets wat vir jou mooi is.
Lees ook: Jy kan self ’n troukrans maak
Foto's: Instagram/Bernice West Die Suid-Afrikaanse sangeres Bernice West en haar man, Jannes Erasmus, het…
Aan die einde van ’n lang dag het mens nie lus vir ure voor die…
Die nuwe kaaskoek! Ons Suid-Afrikaners hou mos van ’n lekker yskastert. Maar ongelukkig is dit…
Genoeg vir 4-6 Bestanddele Sous 60 ml (¼ k) perskeblatjang 60 ml (¼ k)…
In die wêreld van Suid-Afrikaanse musiek is daar sterre, en dan is daar legendes. Jannie…
“Mens weet nooit, terwyl jy bloed en trane stort soos jy aan ’n produksie werk,…
Hierdie webwerf gebruik koekies.