Maak jou eie Kerskrans deur Cornel Dunn en Elandrè Swart. Hooffoto:Svetlana-Cherruty/istock images
Flourish wys ons hoe om ons eie Kerskrans te maak in net drie maklike stappe! Jy kan self ook klasse by hulle neem teen R350 per persoon. Vir meer inligting, klik hier.
Benodigdhede:
- Oase
- Kabeltrekkers (cable ties)
- Plastiekbasis vir krans
- Loof en enige ander blomme/bessies wat jy wil gebruik
- Lint
- Bloemistedraad
- Gomgeweer
- Sierspelde
Stappe
Stap 1: Sny 2 blokke oase in die middel deur (sodat jy 4 blokke het) en druk hulle in die basis in. Sny die oortollige oase af sodat dit ’n sirkel vorm. Gebruik jou kabeltrekkers om die oase aan die basis vas te maak.
Stap 2: Gebruik dodder en mos om die oase-sirkel te bedek. Buig die bloemistedraad in ’n U- vorm en druk die dodder of mos in die oase in, sodat dit mooi stewig vassit. Indien nodig, gebruik ’n gomgeweer om enige los stukkies vas te plak. Werk kloksgewys en begin om die loof in te druk.
Stap 3: Begin nou om verskillende tipes loof, bessies en blomme in te druk. Gebruik ’n verskeidenheid van teksture en blaargroottes. Kies ’n fokuspunt en druk ’n fokusblom in met ander fyner blommetjies of bessies. Maak seker jou krans lyk mooi vol en dat daar niks oase uitsteek nie. Kies ’n paar verskillende linte met verskillende diktes en steek hulle vas met ’n mooi speld.
Lees ook: Doen-dit-self: Kokedama
#rrwenk: Vir ’n bietjie ekstra glans, gebruik feeliggies in jou krans. Jy kan jou krans ophang of as ’n fokuspunt op jou tafel plaas. Sit sommer ’n paar spesiale kerse in die middel, of enigiets wat vir jou mooi is.
Lees ook: Jy kan self ’n troukrans maak