Maak jou eie Kersfeesklappers deur Cornel Dunn en Elandrè Swart.
Kersfeesklappers
Benodigdhede
- Dun wit karton
- Sneespapier
- Gomstokkies
- ’n Liniaal
- ’n Potlood
- ’n Skêr
- Kleefband
- Lint
- ’n Naamkaartjie
- Geskenk vir binne
- Opsioneel – “Cracker snaps”
Stappe
Stap 1: Meet met ’n maatband of liniaal hoe groot jy die Kersfeesklapper wil hê en merk dit op wit dun karton.
Stap 2: Skuif die een kant van die liniaal en trek ’n halfsirkel
Stap 3: Gebruik die eerste halfsirkel as ’n templaat vir die res van jou Kersfeesklappers.
Stap 4: Draai die papier in ’n kegelvorm en plak met kleefband vas.
Stap 5: Maak die sneespapier oop en vou dit dubbel sodat dit nie te dun is nie.
Stap 6: Begin die kegel rol van een punt van die sneespapier en vou die punt in sodat jy die effek kry van baie papier wat uit die kegel steek. Plak met gomstokkies vas.
Stap 7 (Opsioneel): Sit ’n geskenk of selfs ’n oulike briefie binne-in. Jy kan ook cracker snaps gebruik sodat dit klap wanneer jy die klapper breek.
Stap 8: Vat die papier wat oorsteek uit die kegel, sit ’n lint en ’n naamkaartjie op en maak vas.
Lees ook: Maak self ’n Kerskrans