Benodighede
• Hesiën
• Wol
• ’n Hasie-tekening wat jy kan uitdruk en -knip
• Verf
• Verfkwas
• Lint
Stap vir stap
1. Gebruik die prentjie om die hasie te teken op die hesiën. Maak seker dat jy die hasies ewe vêr uitmekaar teken.
1b. Verf nou die hasies se lyfies met die verf wat jy gekies het.
2. Maak seker dat jy koerantpapier onder die hesiën sit sodat die verf nie deurslaan op die oppervlak nie.
3. Neem wol en draai om jou vingers.
4. Gebruik nou ’n afgeknipte stukkie wol om dit te vas te bind.
5. Knip die wol soos aangedui in die foto.
6. Nou dat die wol geknip het, het jy jou stertjies vir die hasies.
7. Jou eindproduk lyk nou so! Plak die stertjies vas met Bostik-gom, of werk dit vas met ’n naald en gare. Versier dit verder deur lint te gebruik.