Maak jou eie, gesonde drinkjogurt deur Salomé Delport.
Drinkbare, suikervrye jogurt is skaars op die winkelrakke, maar jou eie kan jy maklik maak – net so smaaklik soos die kommersiële weergawe, maar met minder suiker en preserveermiddels.
Maak jou eie, gesonde drinkjogurt só
Berg jou tuisgemaakte produk in die yskas in ’n bottel met ’n digsluitende deksel waar dit vir ’n dag of twee goed sal hou.
Jy kan ses porsies maak met:
- 500 ml Bulgaarse jogurt
- ¼ koppie vrugtepulp (perske, appelkoos, kiwi, of 5 druiwekorrels)
- ½ koppie water of melk
- Kunsmatige versoeter (opsioneel)
- Verpulp die vrugte in ’n 1 liter-houer.
- Roer die jogurt en die water of melk by.
- Die vrugte maak die jogurt taamlik soet – jy het moontlik min, of selfs geen bykomende versoeter nodig nie.
- Skink – en geniet jou heilsame drinkjogurt!
Vir nog gesonde en tuisgemaakte resepte, loer hier
Lees ook:
Is laktose-intoleransie die oorsaak van jou maagpyn?
Hoe om die regte jogurt te kies as jy laktose-intolerant is
11 slim planne vir melkplaasvervangers en suiwelprodukte