Maak jou eie geskenkdosies en Kerskouse deur Cornel Dunn en Elandrè Swart. Hooffoto:knape/istock images
Maak jou eie ringdosie
Benodigdhede
- Swart papier
- Patroon (Laai ons patroon hier af)
- Liniaal
- Potlood
- Lint
- Gaatjiedrukker
Stappe
Stap 1: Druk en knip jou patroon uit.
Stap 2: Sit die patroon op die swart papier en trek die buitelyne af.
Stap 3: Vou die driehoeke van jou geskenk sodat dit maklik toemaak.
Stap 4: Maak ’n gaatjie in elke driehoek.
Stap 5: Sit die geskenk daarin.
Stap 6: Ryg lint deur die gaatjies, trek styf en maak ’n klein strikkie.
Lees ook: Maak ’n gemmerbroodhuisie!
Kerskouse
Sny twee patrone van die Kerskous uit en werk hulle aan mekaar vas. Los ’n opening aan die bokant sodat jy lekkers of geskenke daarin kan sit. Jy kan ’n lussie aan die kous werk sodat jy die kouse kan laat hang. Ons Kerskouse was 40 cm lank en 18 cm breed.
Maak jou eie Kerskouse met ons patroon: Klik hier.
Lees ook: Maak jou eie Adventkalender