Een van die maklikste manier om nie ontbyt oor te slaan nie, is om ’n gesonde vrugte smoothie aanmekaar te slaan. Boonop proe dit soos ’n nagereg en vat net vyf minute van jou tyd (daar wen ek die argument, weer).
Wat het jy nodig?
- 1 x handvol vars bessies en paar blokkies ys
- 1 x koppie melk (kies tussen volroom, 2% of vetvry)
- 100 gram plein laevet yogurt
- 3 x eetlepels laevet/vetvrye maaskaas
- 1 x teelepel 100% heuning
- 1 skep protein/whey poeier (as jy wil)
Lus vir ietsie ekstra?
- 1 x eetlepel muesli/ oats/ sonneblomsade of neute
Metode
Meng alles saaam, maar onthou om die whey/protein poeier ALTYD heel laaste by te voeg!