Maak jou eie Adventkalender deur Elandrè Swart en Cornel Dunn. Hooffoto: Johan Wilke.
Adventkalender
Benodigdhede vir die Adventkalender
- ’n Raam en bord vir binne die raam
- 25 goed om op jou kalender te hang
- ’n Kaartjie vir elke dag (laai ons kaartjies hier af)
- Wit verf
- Swart verf
- ’n Hamer
- Klein hakies
- Tou
- ’n Potlood
Stappe
Stap 1: Verf jou bord wit en jou raam swart
Stap 2: Beplan en merk op jou bord waar jy elke kaartjie en geskenk gaan plaas. (Ons het bo plek gehou vir ’n klimoptak, maar jy kan ook feetjieliggies byvoeg vir ekstra glans.)
Stap 3: Merk met ’n potlood waar jy die hakies gaan inkap.
Stap 4: Kap die hakies in en hang die kaartjies en geskenke daaraan.
Stap 5: Sit die bord in die raam.