kategorieë: Ontspanning

Maak jou dade daadwerklik op Mandeladag

Nelson Mandela se nalatenskap duur voort om ’n positiewe verskil in mense se lewens te maak. Maar deur Madiba se voorbeeld op Mandeladag te volg, hoe kan ’n mens verseker dat jy jou tyd slim spandeer?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Soms gaan die antwoord minder oor wát jy doen en meer oor hóé jy dit doen. Hier’s ’n paar wenke om seker te maak dat jou vrywilligheid ’n impak sal bly maak lank na jou 67 minute verby is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
  • Omgee begin tuis: of minstens in jou buurt. Vind ’n saak waarvoor jy omgee naby jou werksplek of in jou gemeenskap. Jy sal verbaas wees om te sien hoeveel hulp net om die hoek nodig is! Om iets naby aan jou te vind verseker dat jy jouself beskikbaar stel op ’n wyse wat gemaklik en koste-effektief vir almal is.
  • Pas vaardighede by behoeftes: Welsynsorganisasies benodig rekenaarkenners, skrywers, en rekeningkundiges net soveel as wat hulle mense benodig wat kan help om bokse te pak. Probeer om jou persoonlike en professionele vaardighede beskikbaar te stel vir ’n saak wat dit wil en kan gebruik.
  • Maak doelgerig skoon: Wanneer jy jou kaste en stoorplekke opruim, stel vas of dit wat jy uitgooi nog bruikbaar is. Skenk bruikbare goedere aan ’n welsynsorganisasie wat dit nodig het.
  • Moenie vir alles ja sê nie: Kies eerder een saak en een tyd om by te dra – en hou daarby. Welsynsorganisasies maak staat op vrywilligers. As jy nie opdaag nie, kan groot planne in die wiele gery word.
  • Waar die hart van vol is: Probeer om ’n saak te vind waaroor jy passievol is en wat by jou vaardighede kan baat. Sodoende maak jou dade daadwerklik ’n verskil.

Lees ook: WEN een van twee TABASCO® Sauce-geskenkpakke!

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

2 days Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

2 days Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

2 days Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

2 days Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.