kategorieë: TuinmaakLeefstyl

Maak goed skoon hierdie lente – Maak enige oppervlakte vinnig, gerieflik en makliker skoon

Soos die dae al hoe warmer raak, beteken dit dat die winter se hibernasietyd eindig en die onvermydelike lenteskoonmaak op ons wag. Nou dat ons weer tuin toe kan gaan, is dit baie belangrik om vas te stel wat moet buite en in jou tuin skoongemaak word. Die hoofruimtes wat met water skoongemaak behoort te word, is stoepe, balkonne, paadjies, tuinmeubels, karavane en bote.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Cleansystem van GARDENA is ’n nuwe reeks gereedskap wat ekovriendelik is en met al hierdie skoonmaakprojekte kan help. Hierdie gereedskap is baie kreatief met herwonne materiale gemaak. Dis maklik om ’n standaardtuinslang aan die handvatsel te verbind wat die water deur die wasborsel sal laat vloei. Die aanpasbare reeks sluit verskeie sagte en harde borsels in wat krapmerke voorkom, verskeie groottes handvatsels, ’n borsel vir ’n fiets en sjampoewasstokkies – ideaal om motors, sleepwaentjies, motorfietse, fietse en algemene oppervlaktes buite skoon te maak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Al wat jy nodig het om te doen, is om ’n handvatsel en die skoonmaaktoestel te kies en die sjampoe-stokkie in die hegstuk te druk. Dan is jy reg om skoon te maak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hier is ’n gedetailleerde lys van ruimtes rondom die tuin en huis wat hierdie lente goed skoongemaak behoort te word, asook ’n lys van produkte wat die take moeiteloos sal maak:

1. Stoepe, balkonne en tuine

Verwyder blare, vuiligheid en enige oorblyfsels van stoepe, balkonne en tuine. Gebruik die GARDENA-kombistelsel se reeks besems en harke om hierdie ruimtes skoon te maak. Die kombistelsel werk met een handvatsel wat met verruilbare aanhegsels kom. Heg eenvoudig die gereedskap van jou keuse aan en jy is gereed. Ruil die aanhegsel uit wanneer jy klaar is en verbind dit met die volgende aanhegsel – dis so maklik soos dit. Vir ruimtes wat hardnekkiger is om skoon te maak, kan jy die GARDENA AquaClean-druk gebruik wat met batterye werk. Let op na enige vlekke of mos en gebruik gepaste skoonmakers.

2. Tuinmeubels

Begin deur al jou tuinmeubels te ondersoek. Kyk of daar enige skade soos roes, verrotting of verweer is. Indien moontlik, herstel of vervang enige meubels soos nodig. Vir hierdie sensitiewe gedeeltes se skoonmaak, gebruik seperige water en ’n borsel van ’n goeie gehalte. GARDENA beveel die borsels in die Cleansystem-reeks aan, wat jy in die hand vashou – hulle is spesifiek vir hierdie doel ontwerp. Die reeks sluit sagte borsels vir sensitiewe oppervlaktes en skropborsels vir moeiliker oppervlaktes in. Aangesien die water deur die aanhegsels vloei sodra dit aan die tuinslang verbind is, maak dit die tyd wat dit vat om skoon te maak soveel vinniger.

3. Motors en karavane

Wanneer die weer warmer raak, word die karavane uit die stoorkamers gehaal om te gebruik. Voordat dit egter gebruik kan word, moet dit eers skoongemaak word en om hierdie taak te vergemaklik, beveel GARDENA die AquaClean aan wat met batterye werk en maklik by elke hoek en kant kan uitkom.

Die Cleansystem se hoekige handvatsel is perfek om bo karavane se dak uit te kom. GARDENA beveel verder die Car Wahs-stel aan wat met ’n handvatsel, sagte borsel en seepstokkies kom.

4. Bote, seilbote en karavane

Dis baie belangrik om bote en seilbote skoon te maak. Dit voorkom dat oppervlaktes en dele roes of agteruit gaan en dus vir langer doeltreffend bly. Die voertuig gaan veral vinnig agteruit wanneer dit gereeld in soutwater gesit word. Dit help om jou boot of seilboot gereeld skoon te maak. So help jy om

jou boot te bewaar, dit mooi te hou en in goeie toestand wat dit ’n langer lewe in die water gee. Dis belangrik om die regte gereedskap te kies wanneer jy skoonmaaktake doen. Skuim en vuilgoed bly ’n probleem. Dit is belangrik om die regte voorraad vir skoonmaak te kry. Kies soveel as moontlik gereedskap met sagte borsels en oppervlaktes om skade aan die buitewerk van die vaartuig te voorkom. Terwyl jy skoonmaak is dit nodig om deur oorblyfsels te breek om die blink oppervlakte vir kosmeties redes te bewaar. Hou dit gerus in gedagte.

Die GARDENA Cleansystem-reeks sluit ’n volle reeks skoonmaakgereedskap in, van hoekige skropborsels en borsels met sagte hare sowel as ruitveërs wat van die grond tot hoër oppervlaktes gebruik kan word.

5. Fietse

Warmer weer maak buitelugaktiwiteite weer moontlik en fietsry is ’n groot gunsteling. Ons weet maar te goed dat dit tyd vat om ’n fiets skoon te maak en dis frustrerend. GARDENA het spesiaal ’n fietsborsel ontwerp wat dit maklik maak. Verbind eenvoudig ’n standaardtuinslang daaraan en jy kan maklik jou fiets skoonmaak.

6. Sonpanele

Sonpanele werk deurdat dit lig in elektrisiteit omsit. As daar vuiligheid op die oppervlakte van die sonpaneel is, kan dit die hoeveelheid lig verminder wat dit opneem en die sonpaneel se doeltreffendheid verlaag. Wanneer jy sonpanele skoonmaak, verminder dit die hoeveelheid stof, oorblyfsels en ander onsuiwerhede soos blare en goggas, wat ook die doeltreffendheid sal verminder. Vir die beste resultate en om seker te maak dat jy nie jou sonpanele enigsins krap nie, gebruik eenvoudig water en ’n sagte borsel. Aangesien die oppervlak baie delikaat is, beveel GARDENA aan jy gebruik hul reeks met sagte borsels wat of aan ’n handvatsel verbind kan word om daardie hoër op gedeeltes by te kom of aan die tuinslang geheg kan word om met die hand skoon te maak. Soos met glasvensters of as jy jou motor skoonmaak, maak dit met ’n wisser (squeegee) of leerlap droog om te voorkom dat enigiets agterbly.

7. Maak vensters skoon

Dis raadsaam om jou vensters tydens lente skoon te maak om vuiligheid te verwyder wat tydens die winderige winterseisoen opgebou het. Hierdie taak is nogal lastig as jy nie die regte gereedskap het nie. Die GARDENA-vensterskoonmaker met ruitveër sal die tyd wat dit vat om dit skoon te maak verminder terwyl jy water en skoonmaakmiddels gebruik. Die ingeboude rubberlippie kan as ’n wisser (squeegee) gebruik word om af te vee nadat jy skoongemaak het. Die aanhegsel kan 360⁰ roteer wat dit baie buigsaam maak. Die vliesstof van mikrovesel kan afgehaal word en in die wasmasjien gewas word.

8. Motorhuisdeure, relings en kweekhuise

Motorhuisdeure, relings en kweekhuise sal dankbaar wees om hierdie lente goed skoongemaak te word. Daar is dikwels heelwat alge en ander groen bedekkings wat verwyder moet word. Kies die korrekte aanhegsel van die Cleansystem-reeks en jy is gereed om skoon te maak.

Maak met die krag van water skoon

Die Cleansystem-gereedskap wat water dra spaar soveel tyd wanneer dit by algemene skoonmaak kom. Die handborsels en handvatsels kan direk aan die tuinslang met ’n vinnige en eenvoudige klik

verbind word. Weg is die dae van ’n gesukkel met swaar emmers! Die vloei kan met volle buigsaamheid aangepas word om seker te maak daar is genoeg krag en dat daar genoeg water vir die taak ophande is. Voeg skoonmaakstroke of seepstokkies by om die vuilste oppervlakte by te dam. Die seepstokkies kan by die handborsel of die skropborsel gevoeg word, terwyl die skoonmaakstroke so onderwerp is om saam met die handvatsel se toevoegsels gebruik te word.

Besoek www.gardena.com vir meer wenke en truuks wat inspirasie vir jou tuin en huis bied.

Lees ook: Plante wat kleur en geur by jou tuin sal voeg

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Die verskil tussen werklike en voorkombare doofheid – en wat jy daaraan kan doen

Dit is belangrk dat jy weet wat die verskil tussen werklike en voorkombare doofheid is.

11 hours Gelede

Die beste mediese fonds vir enkellopende vrouens

As enigste versorger, kan mediese uitgawes 'n groot impak op hul finansies hê, daarom is…

15 hours Gelede

8 maniere om kreatiwiteit in skole en tuis te kweek

In `n vinnig veranderende wêreld waar nuwe uitdagings voortdurende voorkom en dringende oplossings verg, is…

16 hours Gelede

Bateleur is voël van die jaar en top wyn-etiket

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts    Dis die Bateleur Chardonnay 2020 wat daardie gesogte…

1 day Gelede

Vis: Kook een keer, eet drie keer

Nie seker wat om met oorskiet-vis te doen nie? Ons wys jou hoe jy een…

2 days Gelede

Gesonde rotskoekies

Bestanddele   325 ml (225 g) koekmeel ’n knypie sout 5 ml (1 t) koeksoda…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.