Ter ondersteuning van die manne in groen, het ons ons gunstelingresepte vir rugbydag bymekaargemaak. Ons het selfs ’n paar rugby-feite opgesom waarmee jy vir manlief ore kan aansit!
Rugbydag-resepte
*Klik op die skakel vir die resepte.
Vir saam met die spel: Markbroodjie
Vir saam met die braaivleis: Koringslaai met mango en lemoen
Moet nie die groente vergeet nie: Gebraaide mielies met rissiebotter en sesamsaad
Om die dors te les: Pynappel-Mojitos
Vir die kinders: Lollies van elke kleur en geur
SA Rugby 101
Afrigter: Heyneke Meyer
Kaptein: Fourie du Preez
Waar speel hulle: St. James’ Park Stadium in Newcastle
Hoe laat speel hulle: 16:45
In watter poel speel hulle: Poel B
Het jy geweet?
281 wedstryde is in die geskiedenis van die Wêreldbeker gespeel.
Nieu-Seeland het die vorige Wêreldbekertoernooi in 2011 gewen.
Ongeveer 4 miljoen mense volg die Wêreldbekertoernooi via televisieuitsendings.
Wat is jou voorspelling?