kategorieë: KalenderOntspanning

Maak gereed vir Koekedoortjie

In 2017 het die kinders in Kokkedoortjie hul vaardighede met kosmaak gewys, maar binnekort is dit die jong bakkers se beurt om in Koekedoortjie te bak (en brou) en só kykNET-kykers te betower!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Koekedoortjie is die jongste weergawe van kykNET se gewilde koswerklikheidsreekse, waaronder Kokkedoor en Koekedoor ook tel, en hoewel dit dieselfde wenresep volg, is daar darem unieke bestanddele ook. Die eerste episode sal op Woensdag, 4 April om 20:00 op kykNET (kanaal 144 op DStv) uitgesaai word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die tien Koekedoortjies is tussen 10 en 13 jaar oud en hulle is van regoor Suid-Afrika.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Aan die stuur van Koekedoortjie is die geliefde duo, Mari-Louis Guy en Nic van Wyk, en dis vir húlle wat daar weer weekliks beïndruk moet word.

Lees ook: Edwin Theron wen kykNET se Kokkedoortjie!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

kykNET en die vervaardigers, Homebrew Films, het oudisies in Augustus verlede jaar regoor Suid-Afrika gehou en na ’n keuringsproses is die top-tien uit honderde inskrywings gekies.

Die tien deelnemers is

  • Anica Scheepers (11) van Centurion
  • Anmi Esbach (11) van Hartebeespoort
  • Carla Botha (13) van De Hoop
  • Danika Botes 
(12) van Krugersdorp
  • Nix Korf 
(12) van Johannesburg
  • Elsje-Mari Louw (12) van die Paarl
  • Evan Maritz (13) van Pretoria
  • Minay Vermaak (11) van Pretoria
  • Tanique van der Walt (10) van Hermanus
  • Wicus van Deventer (11) van Prieska

Koekedoortjie is in dieselfde indrukwekkende ateljee as Kokkedoortjie geskiet. Dit het wel ’n bietjie van ’n gedaanteverwisseling ondergaan om dit ’n vars, maar steeds herkenbare, voorkoms te gee. Dié ateljee is by Atlantic Studios in Milnerton, waar reekse soos Suidooster en Kwêla ook vervaardig word. Daar is 13 episodes wat elk ’n halfuur lank is en Sanet Olivier is weer die regisseur – Sanet was ook verantwoordelik vir Koekedoortjie se susterreekse.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

2 days Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

2 days Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

2 days Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

2 days Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

2 days Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.