kategorieë: KalenderOntspanning

Maak gereed vir die SPAR Women’s Challenge op 6 Oktober 2019!

Maak gereed vir die SPAR Women’s Challenge op 6 Oktober 2019! Foto’s en inligting verskaf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die finale been van die SPAR Grand Prix-reeks sal op 6 Oktober 2019 by die Marks Park-sportklub gehou word. As laasjaar se wedloop ’n aanduiding kan wees, gaan dié jaar se wedloop iets wees wat jy nie moet misloop nie!

Die gesinsvriendelike wedloop val saam met borskanker-bewustheidsmaand.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Reach for Recovery is die hoof begunstigde van die wedloop. Hierdie internasionale borskanker-ondersteuningsgroep help vroue met borskanker om terug te keer na hul daaglikse lewens deur gratis ondersteuning deur middel van vrywilligers aan te bied. Die vrywilligers het self borskanker oorleef. Prostese is een van die dienste wat vir slagoffers gebied word.

Vanjaar sal na verwagting ’n skare van 25 000 by Marks Park-sportklub in Emmarentia bymekaarkom om na die wedloop te kyk.

Die klub is op die stadsraad se terrein en die wedloop vorm deel van SPAR se vennootskap met die stad. Die terrein rondom die eindstreep is ideaal vir klubtente en ’n gesinsbraai op die feestelike dag. Daar sal kosstalletjies wees vir die hongeriges.

Soos in die verlede, sal die mooiste wedloop die mooiste atlete deur van die mooiste dele van die stad neem. Die roete van 10 km kronkel deur die pragtige boomryke voorstede Greenside en Parkview.

Geniet die pragtige 5km-pretroete

Die roete van 5km strek verby die Johannesburgse Botaniese Tuin en die Emmarentia-dam. Dit is ’n heerlike gesinsuitstappie. As jy en jou dogters of vriendinne wil deelneem, sorg dat julle kaartjies kry. Dit is beskikbaar by die meeste SPAR-winkels.

Talle pryse kan gewen word en die atmosfeer gaan feestelik wees met plaaslike sterre wat die skare ná die wedren sal vermaak.

Skole kan ook inskryf en deelnemende skole kom in aanmerking vir ’n gelukkige trekking.

SPAR doen moeite om die dag vermaaklik te maak vir alle deelnemers.

Skenk jou hardloopskoene!

Die Rosebank Killarney Gazette, in samewerking met SPAR, doen ’n beroep op alle atlete om hardloopskoene wat hulle nie meer gebruik nie (wat nog in ’n goeie toestand is) te skenk aan die organisasie Drop a Pair and Show you Care.

Hierdie skoene sal geskenk word aan minderbevoorregte kinders by skole in die noordelike gebiede van Johannesburg.

Jy kan jou skoene ook afgee by die Caxton-span by Jan Smutslaan 368, Caxton House of by Cornelius-straat 1187, hoek van JG Strijdom, Weltevreden Park.

Kry jou inskrywings by www.sparjoburgrace.co.za

Inskrywings open op 5 Augustus 2019

Alles wat jy moet weet oor die SPAR Women’s Challenge

Datum: 6 Oktober 2019

Plek: Marks Park, Emmarentia

Begin: 08h00

Onthou om vooraf kaartjies te koop en om jou wedloop-pakkie by jou plaaslike SPAR op te laai. Moenie vergeet om jou hardloopskoene na die wedren te skenk nie – dit word aan skoolkinders gegee wat nie skoene het nie. #DropOffAPairShowYouCare

Om op hoogte te bly van nog heerlike geleenthede, loer hier.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Kry weer woema in die winter

As die winter jou vaal en verlep laat voel, is dit tyd vir ’n lekker…

58 mins Gelede

Sagte rogbrood

Bak hierdie lieflike en geurige brood en vul jou huis met die hartverwarmende geur van…

1 hour Gelede

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

19 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

20 hours Gelede

Karamelspringmielies-en-mout-koekies

Gebruik ons resep vir basiese soetkoekies en maak hierdie lieflike karamelspringmielies-en-mout-koekies. Die koekieblik sal nie…

23 hours Gelede

Vanaand op ‘Een keer om die son’

Een keer om die son, volg die lief en leed van een familie oor die…

24 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.