kategorieë: TuinmaakLeefstyl

Maak gereed vir die somer met GARDENA

Verbeter jou tuinvaardighede met wenke wat vir die somerseisoen gepas is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Somer is die seisoen van groei en lewe in oorvloed. Dis tyd vir jou om jou tuin met klomp vars nuwe idees te versorg.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die komende somerseisoen bring vars perspektief mee met warmer temperature, voëltjies wat sing en die natuur se skilderdoek wat lowergroen en vol kleur is. Hierdie agtergrond maak dit die ideale tyd om buite te wees en die warmte in te drink terwyl jy jou tuin voorberei vir die seisoen wat voorlê.

GARDENA deel ’n paar wenke om die meeste van jou tuin hierdie somer te maak.

Wenk 1: Wees waterwys

Om jou tuin in die somermaande nat te hou, is baie belangrik, maar dit is ook belangrik om seker te maak jy maak jou plante op die regte tyd nat. Dis nie die beste idee om jou plante nat te maak wanneer die temperature klim nie. Ook nie om jou plante saans nat te lei nie aangesien dit die kans verhoog vir swamme om te groei.

Maak jou plante eerder vroeg in die oggend nat om te voorkom dat die hitte die water uitdroog, sodat die plante al die vog kan opneem en inhou. Die GARDENA Soil Moisture Sensor is ’n innoverende gereedskap wat die vog in die grond outomaties meet en die lesing na jou GARDENA Water Control oorplaas. As die grond steeds genoeg vog het, sal die komende watersiklus oorgeslaan word, wat verseker dat plante betroubare en akkurate sorg ontvang.

Die GARDENA Range of Water Controls is ’n goeie manier om jou tuin in die somer goed nat te hou. Die reeks sluit tydhouers, rekenaars en slimstelsels in wat die natleiproses outomatiseer. Dit waterbeheerstelsels, wat natleisessies skeduleer of selfs kan natlei danksy die gebruik van ’n toep, is betroubaar, doeltreffend en minder veeleisend as om met die hand nat te lei.

Die GARDENA Water Control Bluetooth®-stelsel is een voorbeeld uit die reeks waar jy jou tuin se outomatiese besproeiingstelsel met jou slimfoon of tablet kan stel. Die beheertoestel is direk in die kraan geïnstalleer en kan binne ’n radius van tot 10 meter opgestel word, sodat jy die tuin met net die raak van ’n knoppie kan begin natlei of die water stop.

Dit sal jou nie net help om water te bespaar deur in die GARDENA Range of Water Controls te belê nie, maar ook jou werk makliker maak en verseker dat jou plante die regte hoeveelheid water ontvang wat hulle elke keer nodig het, selfs al is jy weg met vakansie.

Wenk 2: Hou jou tuin koel

’n Noodsaaklike wenk om seker te maak jou tuin floreer, is om ’n koel grondtemperatuur te handhaaf. Dit kan bereik word met deklae, grondbedekkers en om bome strategies te plant. Hierdie praktyke help om vogvlakke te bewaar en jou plante teen die hitte te beskerm.

Wenk 3: Snoei en sny punte

Snoeiwerk is ’n belangrik tuinpraktyk aangesien dit gesonde plantegroei aanmoedig deur oorgroei terug te sny en dooie blare te verwyder sodat daar beter lugvloei is en lig en water die plant kan bereik. GARDENA se reeks snoeiskêre en takknippers is ideaal vir die taak ophande. Hierdie gereedskap is maklik om te gebruik, doeltreffend, hou lank en bied presiese, gesonde snywerk elke keer. Die reeks is ook liggewig en ergonomies só gevorm om gerieflik in jou hande te pas sonder om uit te gly sodat jy met gemak jou tuin se gesondheid en estetika kan handhaaf.

Wenk 4: Kikker die buitekant op

Wanneer die warmer dae ons buitekant toe nooi, is dit belangrik om die buitekant van die huis te verfris om ‘n gesonde en welkome omgewing te skep. Die GARDENA Cleansystem bied ’n doeltreffende oplossing vir verskeie skoonmaaktake. Van patio’s en vensters tot meubels en vloere, met hierdie veelsydige reeks aanhegsels kan jy ’n verskeidenheid van oppervlaktes maklik en doeltreffend skoonmaak deur eenvoudig die tuinslang daaraan te verbind.

’n Belangrike skoonmaaktaak wat dikwels oorgesien word, is die versorging van sonkragpanele. Dis absoluut noodsaaklik om jou sonkragpanele skoon en stofvry  te hou om seker te maak dat dit goed werk. Die GARDENA Cleansystem se sagte dog doeltreffende reeks borsels is so ontwerp om vuiligheid te verwyder sonder om jou panele te krap, en só te verseker dat jou sonkragpanele in toptoestand bly.

Wenk 5: Vul jou grond aan

In die warm somertemperature is jou tuin se grond geneig om uit te droog, wat beteken dat dit minder vog behou. ’n Goeie manier om dit te voorkom, is deur ’n laag kompos by jou grond te voeg. Nie net gee dit die grond se voedingstowwe ’n hupstoot nie; dit help dit om vog beter te behou, wat ’n gesonder omgewing vir jou plante skep om in te floreer. GARDENA se reeks troffels, grawe, vurke en skoffels is noodsaaklike gereedskap om jou grond mee te belug, grawe, los te maak en meer.

’n Goeie alles-in-een-aanbeveling is die GARDENA combisystem, waarmee jy sonder moeite verskillende handvatsels by verskeie gereedskap kan pas. Dit beteken jy het  gereedskap wat minder plek opneem terwyl jy steeds meer tuinprojekte kan aanpak. Die regte gereedskap tot jou beskikking maak ’n groot verskil aan die gesondheid van jou tuin.

Wenk 6: Bemes jou plante

Somer is een van die belangrikste seisoene vir die meeste plante om te groei. Strooi bemesting om seker te maak jou plante kry die nodige voedingstowwe om goed en gesond te groei en te ontwikkel. GARDENA stel die Handheld Spreader M voor wat ideaal is om bemesting oor kleiner gedeeltes van tot 100 m te versprei.

Wenk 7: Verfris jou grasperk

Berei jou grasperk vir die somermaande voor deur dit bietjie ekstra versorging te gee. Begin deur enige tuinvullis, soos stokke en blare, van die gras te verwyder, en enige sigbare onkruid uit te haal. Sny die gras minstens een keer per week deur die grashalms minstens 5-7 cm te hou. Dit bevorder gesonde groei en help om skadu vir die grond te gee, wat die verlies aan vog voorkom. Laastens, strooi ’n misstof van hoë gehalte oor jou grasperk en maak dan diep nat om welige, groen gras aan te moedig.

Vir ’n skoon, doeltreffende snit, kan jy GARDENA se reeks robot-, roterende en silindergrassnyers sowel as die reeks grasskêre, snoeiers en meer gebruik om jou te help om die perfekte grasperk die hele somer lank te onderhou.

As jy verkies om terug te sit en net jou tuin tydens die somer te geniet, en nie ’n enkele vinger te verroer om jou grasperk te sny nie, dan is die SILENO-robotgrassnyer die perfekte keuse. Met ingeboude intelligente tegnologie en innoverende eienskappe, sny die SILENO saggies jou gras sonder om die bure te pla. Die SILENO-grassnyer werk vir grasperke van verskeie groottes, van 250 m² tot 1 500 m².

Spring vroeg weg hierdie seisoen en versorg jou tuin met hierdie noodsaaklike wenke en gereedskap om te verseker dat jou tuin in die somer floreer.

As jy van plan is om vir die vakansie weg te gaan of tyd saam met familie en vriende deur te bring, is hier ’n paar wenke om jou binnenshuise en potplante te versorg

  • Maak seker dat jy jou plante deeglik natmaak voordat jy vertrek.
  • Hoe meer lig jou plant ontvang, hoe meer water het dit nodig. Oorweeg dit om hulle van hul natuurlike ligbron weg te skuif om hulle te help om water vir langer te hou terwyl jy weg is.
  • Groepeer plante wat dieselfde hoeveelheid water benodig saam sodat beplande besproeiing meer doeltreffend sal wees en hulle sal help om bevog te bly.
  • Installeer ’n Micro-Drip-System wat jou plante stadig kan voed. Oorweeg die GARDENA AquaBloom-besproeiingstelsel wat met sonkrag werk en ingestel kan word om drupbesproeiing volgens jou planne se behoeftes te gee. As jy nie seker is hoeveel water om vir die AquaBloom opsy te sit nie, gebruik hierdie oulike hulpmiddel om te bereken wat benodig word. AquaBloom sakrekenaar – GARDENA

Of jy nou hierdie somer weggaan of tyd in jou tuin deurbring, hierdie nuttige wenke sal verseker dat jy ’n welige mooi tuin het, of van jou vakansie na gesonde gelukkige plante terugkeer.

Lees ook: Waterbesparingswenke vir ’n volhoubare tuin

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Sygladde semolinapap met roos-en-framboos-pere

Hierdie pap kan ook poeding wees dis sooo lekker!

1 day Gelede

Garnaalkelkie

Genoeg vir 6. Bestanddele   Sous 180 ml (¾ k) goeie mayonnaise 30 ml (2…

1 day Gelede

“Kokkedoor Vuur & Vlam” is terug: Ontmoet die deelnemers!

Dié kosreeks, wat in die Overbergse stranddorp Struisbaai verfilm is, begin Donderdag 6 Februarie om…

1 day Gelede

Ses vrae vir Je-Ani Swiegelaar, die geliefde Naomi Koster in ‘Binnelanders’

Foto’s: Christoph Hoffmann.   Suster Naomi Koster is een van die gewildste karakters in Binnelanders.…

2 days Gelede

Alles wat jy van dehidrasie moet weet

Ligte tot matige dehidrasie is in ’n warm land soos Suid-Afrika eintlik baie algemeen, sê…

2 days Gelede

Beplan ’n wynproe

Begin deur ’n tema te kies. Vir ’n vertikale proe hou jy by dieselfde wyn,…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.