kategorieë: KalenderOntspanning

Maak my Famous saam met Emo Adams en kykNET

Maak my Famous saam met Emo Adams en kykNET Foto’s verskaf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Emo Adams het onlangs ’n kompetisie, Jou talent, op sy digitale platforms geloods om nuwe talent, enige talent, in Suid-Afrika te soek. Binne dae is hy oorval met video’s wat aan hom gestuur is via ’n WhatsApp-nommer en tot dusver het hy al amper 4 000 inskrywings ontvang. kykNET is baie opgewonde om bekend te maak dat hulle in samewerking met Emo Adams en Blixem Produksies hierdie projek verder sal ontwikkel as  ’n talentsoekkompetisie vir televisie.

Lees ook ons onderhoud met Emo Adams oor sy 30 jaar in die bedryf

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Marguerite Albrecht, die toesigvervaardiger vir kykNET sê “Ons is geweldig opgewonde om Emo se talent-inisiatief te omskep in ’n televisiereeks vir kykNET, juis omdat daar reeds soveel hart en passie betrokke is. Emo is nie net passievol om nuwe talent te ontgin nie, hy het ook die vermoë om mense op hul gemak en welkom te laat voel, en dit is waarom so baie ongeslypte talent reeds ingeskryf het. Hierdie reeks gaan ’n vars toevoeging tot die talentkompetisie-genre wees en gaan baie van die geykte elemente van hierdie genre omvergooi of vernuwe. Ek glo kykers kan hulself begin regmaak vir ’n heerlike bederf in 2019.”

Maak my famous sal vanaf April 2019 op die Afrikaanse kykNET-kanale op DStv uitgaan. Die sluitingsdatum vir inskrywings skuif ook tot 31 Desember en verfilming sal in die nuwe jaar geskied.

Vir meer inligting besoek kykNET se webblad: kykNET (Deel jou talent met Emo Adams)

Emo vier 30 jaar

Op 15 Desember sal Emo se feesvieringe uitgesaai word op kykNET: Emo Adams vier 30 jaar in die musiekbedryf by die Grand West Arena in Kaapstad. Beleef hierdie hoogtepunt saam met bekendes soos Kurt Darren, Robbie Wessels, Tarryn Lamb, Katlego Maboe en vele meer. Daar is ook ’n spesiale optrede deur Emo se pa, Omar Adams, asook die groep JAG.

Datums en kanale: Saterdag 15 Desember om 20:00 op kykNET DStv-kanaal 144

Maandag 31 Desember om 20:30 op kykNET&kie DStv-kanaal 145

Deel
Gepubliseer deur
Anelle Tewson

Onlangse plasings

Geroosterde pampoenskywe met tiemie-en-parmesaan-granola

Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…

1 day Gelede

‘The Mommy Club: Van die Hoofstad’: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…

2 days Gelede

Appel-peer-en-karamel-tert

Genoeg vir 8       Bestanddele   Tertdeeg 375 g koekmeel  2,5 ml (½…

2 days Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Klein vissies kelder een span en laat ’n ander span juig!

In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…

2 days Gelede

Suid-Afrika skitter by Louvre Abu Dhabi

Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi    …

2 days Gelede

Hoe om brandrissie-olie te maak

Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.