kategorieë: KalenderOntspanning

Maak dié week ’n draai by die Europese rolprentfees by Cinema Nouveau

Maak dié week ’n draai by die Europese rolprentfees by Cinema Nouveau deur Corlia Fourie. Foto’s verskaf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

By die fees van 29 November 2019 tot 8 Desember 2019 is daar altesame twaalf rolprente uit Europese lande soos Italië, Frankryk, Spanje, Duitsland, Oostenryk en Swede.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Cold War

Ek het voorvertonings van die Britse prent Official Secrets en die Poolse prent, Cold War, bygewoon en kan albei die prente aanbeveel. Laasgenoemde is ʼn liefdesverhaal van ʼn musikant en ʼn sanger. Die verhaal begin ná afloop van die Tweede Wêreldoorlog in Pole en vervolg in Berlyn, Joego-Slawië en Parys. Cold War is een van daardie stories waar die paartjie nie met mekaar of sonder mekaar kan klaarkom nie. Regisseur Pawel Pawlikowski is ʼn Oscarwenner vir beste buitelandse rolprent (vir Ida 2015) en het verlede jaar die Cannes-toekenning as beste regisseur vir Cold War gekry.

Official Secrets se regisseur is die Suid-Afrikaanse Gavin Hood wie se Tsotsi in 2005 die Oscar vir beste buitelandse prent ontvang het. Official Secrets is gebaseer op ʼn ware gebeure toe ʼn Britse intelligensie-spesialis ʼn skokkende onthulling oor die Amerikaanse en Britse inval in Irak aan die pers onthul het. Keira Knightley speel die rol van ‘n vrou met morele beginsels wat deur haar regering as ʼn verraaier uitgekryt is. Sy is uitstekend in dié rol. (Indien jy dié prent misloop, hoef jy nie bekommerd te wees nie, want dit word ook nog later in teaters in Suid-Afrika uitgereik.)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Van die ander prente wat ook baie besonders behoort te wees, is Pain and Glory deur regisseur Pedro Almodóvar van Spanje. Die rolprent is semi-outobiografies en vertel van ontmoetings deur die rolprentregisseur met verskillende mense in sy grootwordjare in die Sestigs en daarna  – eerste liefde, die pyn van egskeiding  en die passies wat die lewe die moeite werd maak. Antonio Banderas het die toekenning vir beste akteur by vanjaar se Cannes-Filmfees ontvang en die prent is ook die Spaanse inskrywing vir 2020 se Akademietoekennings.

Ek sal ook baie graag die Oostenrykse rolprent Styx wil sien. Die prent van regisseur Wolfgang Fischer wat reeds verskeie toekennings gekry het, vertel hoe ʼn sterk, vrou se gees geknak word wanneer sy met groep vlugtelinge te doen kry. Die hoofrol word deur Susanne Wolf gespeel.

Maak dié week ’n draai by die Europese rolprentfees by Cinema Nouveau

Vir ʼn volledige lys van al die rolprente op die fees sowel as die tye wanneer en waar elke rolprent vertoon word, besoek die webwerf www.eurofilmfest.co.za

Vir nog lekker doendinge, loer hier

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

EKSKLUSIEWE FOTO’S: Donnalee Roberts vier veertig keer om die son!

Deur Karlien Meiring. Foto’s: Shavaune Photography   Donnalee Roberts, die geliefde aktrise, skrywer, rolprentmaker en…

2 days Gelede

Plante wat kleur en geur by jou tuin sal voeg

Deur Christa Swanepoel   Dis heerlik om hierdie tyd van die jaar nuwe groei in…

2 days Gelede

Vyf ‘Diepe Waters’-storielyne wat jou in September geboei gaan hou

Hou vas aan jou stoel, want Diepe Waters gaan vir ‘n wipwarit in September sorg.   Hier’s…

2 days Gelede

Hoe om jou wintersklere reg weg te stoor

Daar is nie ’n beter tyd as die begin van die lente om jou kas…

2 days Gelede

5 van ons beste ontbytresepte

Eksperimenteer met verskillende ontbytresepte om jou dag sommer van die begin af op te kikker.…

3 days Gelede

Cappuccino-kolwyntjies

Bestanddele   Ons het die oulike sjokolade-skyfies by Clicks gekoop. 12 sjokoladekolwyntjies 125 ml(½ k)…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.