Maak die meeste van die laaste paar dae se somersweer deur dié drie dinge te doen!
Besoek jou gunstelingwynplaas
Geniet die buitelug en vang jou laaste paar sonstrale deur ’n staptog in ’n pragtige wingerd. So ook kan jy ’n lekker rooiwyn uitkies wat heerlik saam met jou winterbredies en –sop sal gaan! Hier is ons top keuses:
Kamp saam met vriende
Slaan jou tent vir die laaste keer op voordat die koue jou stuit. Dit is ook ’n goeie verskoning om jou vriendekring vir die laaste buitelug-kuier bymekaar te kry! Besoek jou gunsteling kampplek of probeer een van dié gunstelinge:
Hou ’n piekniek
Sluit die somer behoorlik af en hou ’n luilekker piekniek op jou gunsteling grasperk. Maak sommer jou beste somerslaai en mengeldrankie om dit ekstra spesiaal te maak! Dié plekke sal die perfekte agtergrond vir jou piekniek lewer: