kategorieë: ReisOntspanning

Maak die meeste van jou vakansiedae in 2025!

Laat jou vakansiedae vanjaar tel

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Só kan jy met slegs ‘n paar dae se verlof vyf mini-wegbreke (uitsluitend Desember, natuurlik) kry!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
  1. Neem een dag verlof in Maart en kry vier dae af!

Jy kan Donderdag 20 Maart af neem en ’n langnaweek van vier dae geniet. Asseblief en dankie!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Foto: pixabay

  1. Paasnaweek: Vier verlofdae kan vir ‘n 11 dae-vakansie sorg.

Die Paasnaweek strek van 18 tot 21 April en Vryheidsdag val op 28 April (‘n Maandag).

As jy verlof het van 22-25 April, sal jy 11 dae kan ontspan!

Foto: pixabay

Lees ook: Die 8 beste pakwenke vir jou vakansie

  1. Kry die meeste uit April en Mei se publieke vakansiedae

Vryheidsdag val vanjaar op 28 April (‘n Maandag) en Werkersdag op 1 Mei. Dit val op ’n Donderdag.

Só kan jy te werk gaan:

  • Neem sewe verlofdae (22, 23, 24, 25 en 29, 30 April & 2 Mei) en kry ‘n 17 dag-vakansie!
  • Neem 29 en 30 April en Vrydag, 2 Mei  en dan kan jy van Saterdag, 27 April tot Saterdag, 4 Mei met vakansie gaan.

Foto: pixabay

Lees ook: Veelsydige items vir jou vakansietas

  1. Jeugdag

Jeugdag val vanjaar op ’n Maandag, 16 Junie.

As jy 13 Junie af vat, het jy ‘n langnaweek van vier dae.

Foto: pixabay

Wonder jy wat om met jou langnaweke te maak? Loer hier vir inspirasie.

  1. Erfenisdag: Neem twee dae en kry ‘n langnaweek van vyf dae.

Hierdie jaar val Erfenisdag op Woensdag 24 September. Sit verlof in vir Maandag en Dinsdag (22 & 23 September)  en dan kan jy met vakansie gaan van Saterdag die 20ste tot Woensdag die 24ste! As jy vir 25 en 26 September ook verlof kan kry, het jy ‘n vakansie van nege dae!

Foto: pixabay

Lees ook:6 Reiswenke vir jou juwele waarvan almal moet weet.

#rrWenk: Onthou, dis belangrik om vroegtydig om verlof aansoek te doen sodat jou aansoek voorkeur kry – voor jou kollegas ook uitvind van hierdie slim verlofplanne!

Foto: pixabay

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Mango-en-klapper-yskastert met pynappelgranita

Die nuwe kaaskoek! Ons Suid-Afrikaners hou mos van ’n lekker yskastert. Maar ongelukkig is dit…

11 hours Gelede

Steak-en-sampioen-roerbraai

Genoeg vir 4-6 Bestanddele   Sous 60 ml (¼ k) perskeblatjang 60 ml (¼ k)…

12 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met musieklegende Jannie du Toit oor sy opwindende jaar wat voorlê

In die wêreld van Suid-Afrikaanse musiek is daar sterre, en dan is daar legendes. Jannie…

14 hours Gelede

‘Die Byl’ groet ná ses seisoene

“Mens weet nooit, terwyl jy bloed en trane stort soos jy aan ’n produksie werk,…

15 hours Gelede

Frikkadelle in tamatiesous

Genoeg vir 4-6.   Bestanddele   4 snye bruinbrood, korsies verwyder 125 ml (½ k)…

16 hours Gelede

Wees positief, leef langer

Is jou beker half leeg of half vol? Maak seker jy hou daardie metaforiese beker…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.