Maak die meeste van jou vakansiedae in 2019! deur Leigh Hermon. Vertaal deur Martie Swanepoel. Hooffoto: pixabay
Laat jou vakansiedae vanjaar tel
Só kan jy met slegs vier dae se verlof 23 dae verlof en meer as vyf mini-wegbreke (uitsluitend Desember, natuurlik) kry!
- Neem een dag verlof in Maart en kry vier dae af!
Jou eerste kans is Donderdag 21 Maart. Jy kan Vrydag 22 Maart af neem en ’n langnaweek van vier dae geniet. Asseblief en dankie!
- Paasnaweek is vier dae lank
Die Paasnaweek strek van 19 tot 22 April en dit is vier dae wat nie aan jou verlofdae vreet nie!
Ongelukkig val Vryheidsdag op 27 April vanjaar op ’n Saterdag, so dan kry ons geen vakansiedag nie. Helaas.
Lees ook: Die 8 beste pakwenke vir jou vakansie
- Neem drie dae af en kry vyf dae in Mei
Die volgende geleentheid is in Mei met Werkersdag op 1 Mei. Dit val op ’n Woensdag en jy kan die Maandag, Dinsdag óf die Donderdag en Vrydag daarna neem.
Só werk dit:
- Neem Maandag 29 April en Dinsdag 30 April en dan kan jy van Saterdag 27 April tot Woensdag 1 Mei met vakansie gaan.
- Neem Donderdag 2 Mei en Vrydag 3 Mei en dan het jy Woensdag 1 Mei tot Sondag 5 Mei af.
Lees ook: Veelsydige items vir jou vakansietas
- Ons het vanjaar twee drie-dag naweke: Jeugdag en Vrouedag
Jeugdag val dié jaar op ’n Sondag, 16 Junie, en ons kry Maandag 17 Junie af.
Byna twee maande later is daar nóg ’n drie-dag naweek met Vrouedag wat op Vrydag 9 Augutus val.
Wonder jy wat om met jou langnaweke te maak? Loer hier vir inspirasie.
- Erfenisdag: Neem een dag en kry vyf dae af
Hierdie jaar val Erfenisdag op Dinsdag 24 September. Sit verlof in vir Maandag 23 September en dan kan jy met vakansie gaan van Saterdag die 21ste tot Dinsdag die 24ste!
Lees ook:6 Reiswenke vir jou juwele waarvan almal moet weet.
#rrWenk: Onthou, dis belangrik om vroegtydig om verlof aansoek te doen sodat jou aansoek voorkeur kry – voor jou kollegas ook uitvind van hierdie slim verlofplanne! 😉
Hierdie artikel deur Leigh Hermon het oorspronklik in SA Country Life as Here’s how to take 4 days leave & get 23 days off in 2019! verskyn.