Inligting en foto’s verskaf: Ma Mère Confectionery. {Promosie}
Ma Mère Confections is ’n bakkery met Franse styl in die hartjie van Kaapstad.
Alle snoepgoed word op die tradisionele manier voorberei, tydsaam en deeglik, wat vir ’n outentieke smaak sorg.
Die resepte wat gebruik word, is dieselfde wat ma’s in die ou dae gebruik het en hulle glo dit is hoekom hulle eetgoed so gewild is. Hul doelwit is om tuisgemaakte lekkergoed van hoë kwaliteit te vervaardig met ongewone eksotiese smake as die kernfokus van die nougat en broslekkers.
Die bakkery is gesteld op die groei en bemagtiging van hul personeel. Personeel begin onder as onopgeleide werkers en beweeg stadig met hul pad op na ander afdelings in die bakkery totdat hulle ’n volledige opleiding agter die rug het en hul posisies kan beklee.
Die bakkery is bekend vir die pragtige verpakking van die luukse nougat, bros botterlekkers, geurige Turkse lekkers en Franse Macarons. Besoek hul aanlynwinkel om die elegante reeks tafelgeskenkies vir troues te ontdek. Daar is ook luukse geskenkpakke wat altyd ’n goeie present is.
Vir meer inligting, besoek gerus Ma Mère se webwerf by www.mamere.co.za en gesels saam op Instagram @mamereconfections