kategorieë: Lees

Ma-lligheid

Ma-lligheid

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ek is nie ’n ma nie, dankie tog. My biologiese klok het nog nooit ingeskop nie. Buitendien lyk die hele mawees-besigheid vir my na emosionele slawerny. Kom ons wees nou maar eerlik, selfs die ma met die oopste kop, die rustigheid vanself, hou nooit op worry nie. Al is jou kinders groot en koppig-selfstandig, jy hou konstant jou hart vas.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

My arme ma moet. Sy’t ’n wilde, Boheemse dogter. Eiesinnig, astrant en individualisties. Ek wonder baie keer of ma’s, al is hulle hoe lief vir hul gebroedsels, nie heimlik wens hulle kon die horlosie terugdraai nie? Dalk ’n beter, gemoedeliker, minder gekompliseerde weergawe van ’n kind bestel nie? Of die bestelling onoopgemaak kon terugstuur nie? Maar sulke vrae durf jy skynbaar nie vra nie. In gesinsverband is dit soos heiligskennis. Ek weet, want ek het probeer. “Sou julle jul kinders wou herbestel as julle kon?” vra ek vriendinne wat prentjieboek- ma’s is.
’n Ongemaklike stilte daal neer. En toe ’n vraende kyk op die moederlike gesigte. So asof ek die vraag in Armeens gevra het. Skielik verstaan die vroue wat oë agter hul koppe, radarore en die instink van ’n blinde muskiet het, glad nie wat ek bedoel nie. “My kinders is ’n geskenk,” sis ’n gekrenkte über-ma.” Ja, maar jy wil soms ’n geskenk teruggee, nie waar nie?” waag ek . “Dis nie ’n bottel badolie met ’n kraak in nie,” raas ’n mede-ma. “Hoe durf jy my liefde vir my kinders bevraagteken?” jil ’n ander.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

O, hel. Ek moet die spulletjie kalmeer, anders word ek met ’n pak Huggies en ’n versameling skoolskedules vermoor. Verander my taktiek. Ma’s is hiper-emosionele wesens. “Daar is nie perfekte mense, ook nie perfekte kinders nie, en ons almal wens tog maar vir ons weergawe van perfektheid, nie waar nie?” Dit bring ’n beroering onder die gesinsgemeente. “Jean-Pierre se nukke kom van sy pa af,” mor die een. “H’m, Carlétjie het ongelukkig my skoonma se kapknieë geërf,” murmureer ’n ander.
Aha, ek sien in watter rigting hierdie gesprek draai. Ma’s deflekteer, ignoreer, negeer wat hulle nie wil hoor, sien of beantwoord nie. Dis hoe hulle oorleef. Jy moet iewers beheer en blaam oorgee, anders sal jy verdrink in die skuldgevoel en die verantwoordelikheid van ouerwees. “Man, ek’s te besig om aan sulke nonsens te dink,” hap ’n vreeslike praktiese ma.

“Oukei. Oukei. Kom ek stel dit so: Wens julle nie dikwels julle kan al die lug uit jul kinders uitblaas, hulle in ’n laai wegpak en uithaal wanneer hulle in ’n gedissiplineerde en ontvanklike bui is nie? En ’n knoppie druk om hul nukke en grille te verander nie?” Die ma’s knik in ’n koor. Hul lag en beduie en praat oormekaar, deurmekaar, rond en bont oor hoe baie hulle van dié reëling sal hou. Bestel skoon ’n ronde frozen margaritas om hul fantasie-vryheid te vier. Ek bekyk die spulletjie so selftevrede soos ’n vlieg in ’n suikerpot en onderdruk my triomf oor ek hulle in ’n strik laat loop het. En dit gebeur nie maklik met ’n ma nie. Net toe sake nou goed op vrolike dreef is, gooi ek nog ’n klip in die mawees-bos.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“En sê nou jul kinders wou julle herbestel? Of soms in ’n laai wegpak, of ’n knoppie druk en jul nukke en grille verander? Daar’s immers ook nie perfekte ouers nie.” ’n Oorverdowende stilte daal neer. ’n Weerlose stemmetjie klink van agter ’n cocktail-glas op: “Ek doen net my bes.”

Die ander knik hul koppe effe melancholies. “Ek het al dikwels daaroor gewonder,” erken über-ma skugter. Dis tyd dat ek, wat niks van mawees weet nie, moet ingryp. Kindwees verstaan ek goed. Ek sit soos die bonsai-weergawe van die pous en spreek my seëning oor hulle uit. “Jul kinders weet hoe onvoorwaardelik jul liefde is, en eendag as hulle grootmense is, gaan hulle die onmeetbare liefde besef, en ook jul bloot menslike foute vergewe.”

Dankie Ma.

Deel
Gepubliseer deur
Anelle Tewson

Onlangse plasings

Voel jou tiener eensaam?

Al meer tieners en jong volwassenes erken hulle is eensaam. Waarop moet ouers bedag wees?

9 hours Gelede

Spaanse chorizo-pasta

Genoeg vir 6.   Bestanddele   15 ml (1 e) olyfolie 100 g repiesspek, in…

10 hours Gelede

6 dinge wat jy nou in jou tuin moet doen om voor te berei vir die winter

Ons het by Julie van Deventer van Stilbaai se Busy Lizzie tuinbouklub gaan kers opsteek.

10 hours Gelede

ontbytSAKE vier 25 jaar!

Suid-Afrika se geliefde sake- en kuierprogram, ontbytSAKE, het op 7 April ’n kwarteeu op die…

10 hours Gelede

Nuwe dokumentêre kykNET-reeks oor die geskiedenis van Afrikaans gaan jou nuwe oë en ore gee

Almal wat Afrikaans praat, ken ’n storie oor waar hulle en die taal vandaan kom,…

11 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Nadia Beukes oor haar eerste rol as regisseur in nuwe teaterproduksie

Nadia Beukes, wat bekend vir haar veelsydige loopbaan as aktrise, stemkunstenaar en televisie-aanbieder is, het…

12 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.